Laerskool Grens bied aan : Demi-Lee Moore 4 Februarie 2023
Met die aanstelling van mnr. Jan Brand as skoolhoof by Grens Laerskool is die behoefte van 'n Afrikaanse Dagsorgsentrum / Kleuterskool in
Oos-Londen raakgesien om as voedingsbron vir die Grensskool familie te dien.
Op 3 Augustus 2004 het Wemien Brand die skooltjie begin met sewe kinders en een voltydse werker. Die standaard van onderrig en versorging was van die staanspoor af van so hoë gehalte dat die skool binne die eerste jaar gegroei het tot 'n inskrywingstal van 30 kinders.
Tans word bykans 100 kinders in vier uitstekend toegeruste klasse geakkommodeer.
Kinders word van ouderdom een tot die jaar voor graad 0 ingeneem.
Fasiliteite sluit in die vier uitstekend toegeruste klaskamers, met voldoende en baie veilge buite speelarea. Sekuriteit en veiligheid van die kinders is eerste prioriteit, vandaar die dubbele toegangsbeheer wat ingestel is.
Verskeie daguitstappies word kwartaalliks onderneem en besoeke van instansies soos die brandweer, ambulansdienste en vele meer word op 'n gereelde basis gedoen.
VISIE - Grensies streef daarna om jou kind te ontwikkel en te onderrig vanaf die eerste treetjies om 'n gebalanseerde kind te word wat vol selfvertroue die volgende stap na pre-primêre onderrig sal neem.
MISSIE - Alle kinders moet intellektueel, emosioneel, sosiaal en fisies ontwikkel word gedurende alle stadiums van hul ontwikkeling.
Peuters (1- en 2-jariges) word bygestaan om hul omgewing te ontdek
3- & 4-jariges word onderrig in basiese motoriese en perseptuele vaardighede
5-jariges word onderrig om voor te berei vir die fondasie fase van pre-primêre onderrig
Buitemuurs
Bybelonderrig
Swemklasse
Oriëntasie en Bespreking (Temas)
Monkeynastics
Musiekontwikkeling
Kreatiewe Aktiwiteite
Hip-hop
Taalontwikkeling
Rugga Rugby
Ge-organiseerde Speeltyd
Gebalanseerde Maaltye