Ons Prima aanbod
Baie groot firmas het reeds in die slaggat getrap en nuwe rekenaars gekoop. Dis alles welbekende name soos in die carousel hierbo, en die nuwe rekenaars kos omtrent R55 000,00 ELK.
Die rekenaars wat uitgehaal is het nog baie jare se diens in hulle, maar die firmas se onkundige bestuur is oorreed om daarvan ontslae te raak.
BuhrWizards onderskep dit op pad "salvage" toe, en met ons towerkunsies "upcycle" ons dit en laai Windows 11. Net so goed soos 'n nuwe, bied ons dit dan te koop aan tussen R5000,00 tot R8 500,00 stuk, afhangende van die hardeware.
As 'n bonus laai ons MS Office 2024 Pro, wat alleen die waarde van die hele pakket is. 'n Beter bargain sal jy nêrens kry nie.
Voorrade is beperk, so plaas jou bestelling sommer nou.
Baie ou rekenaars
Ons Value aanbod
Wanneer jou PC regtig nie Win11 kan hanteer nie, is alles darem nie verlore nie. Soos op die vorige bladsy genoem, kan ons nog steeds Linux laai. Daar is letterlik honderde weergawes om van te kies, maar ons toetse wys dat Ubuntu die beste werk. Jy kan dit self aflaai en installeer, maar ons sal dit nie aanraai nie. Omdat Linux Open Source is, het skelm ontwikkelaars ook die geleentheid aangegryp om besmette kode in hul eie weergawes in te skryf. Hulle wag dan soos 'n valdeurspinnekop vir hul prooi om verby te kom, en as jy nie weet waarvoor om uit te kyk nie, is JY daardie prooi.
Hoe dit ookal sy, ons bied jou die geleentheid om saam te spog met jou "nuwe" rekenaar, maar teen 'n fraksie van die prys!
Ons koop ou rekenaars
Ons kan ou rekenaars by jou koop, maar onthou, daar is mense wat ou rekenaars koop en die metale herwin. Ons doen dit nie.
As jou rekenaar nog lewensvatbaar is vir ons "magic" (i3 CPU en opwaarts) kan ons onderhandel, anders moet jy maar die scrap dealer kontak.
Dit sal beter wees as ons jou ou PC upcycle en dan kan jy dit self verkoop as 'n Windows 11 Pro + Office 2024 Pro PC.
Jy behoort 'n paar Rand te maak so.