BührWizard
IT Services
Saam het ons 72+ Jaar ervaring.
IT Services
Saam het ons 72+ Jaar ervaring.
Indeks
Konsentreer en lees goed deur.
Jou rekenaar werk nou lekker en jy wil nie geld spandeer nie, en al wat jy doen is email en so nou en dan jou banksake. Miskien 'n dokument tik so nou en dan, of 'n speletjie speel. Is ek reg?
Jy weet nie wat vir jou wag nie, so kom ek vertel jou. Windows 10 se support het 14 Oktober 2025 opgehou en die skelms gaan 'n ope dag met jou hê. As jy 'n internet verbinding het, kan jou PC geHack word en ALLES wat van waarde is van jou PC gecopy word sonder dat jy dit weet, en dan sal jy dalk 'n lekker skoot Ransomware ook kry. Die skelms se gevorderde AI Bots deursoek reeds die internet 24/7 op soek na kwesbare PC's en hulle het reeds hul monsters losgelaat.
Hierdie is op Microsoft se website: Stay Secure with Essential Windows Updates: After October 14, 2025, Windows 10 will no longer receive free software updates, technical support, or security fixes. This means your PC will be more vulnerable to security threats and malware. Consider Upgrading to Windows 11: Move to the security, speed, and innovation that Windows 11 PCs provide, available at every price point. Upgrading to Windows 11 ensures you continue to receive the latest security updates, features, and technical support, keeping your PC safe and efficient. For more information on preparing for Windows 10 end of support, see our Windows blog post.
Ransomware is wanneer AL jou files ge-encrypt word, wat beteken dis toegesluit. Slegs as jy vir die sleutel betaal gaan jy dit (dalk maar onwaarskynlik) terugkry.
Daai skelms speel nie. As jy nie binne 3 dae R20 000,00 betaal nie, word die losprys R40 000,00. Vra my ek weet. En jou geliefde IT outjie om die draai gaan niks vir jou kan doen nie.
Die ding is, Windows 11 werk nie op ouer PC's nie. Dit kort 'n TPM (Trusted Platform Module), en 'n Safe Boot meganisme, en ouer PC's het dit gewoonlik nie. Daarby mag ander meer gevorderde argitektuur ook ontbreek. As jy nou wil opgradeer van Windows 10 na Windows 11, gaan die installasie faal, juis om daardie rede. Dit beteken jou PC is nie Windows 11 Ready nie.
Jou IT outjie gaan 'n nuwe PC aan jou probeer verkoop, en dit gaan jou sak ruk met 'n minimum van R15 000,00 vir 'n No-Name PC. Vind maar uit.
Aan die ander kant kan ons Windows 11 op jou ouer PC forseer, al voldoen dit nie heeltemal aan al die vereistes nie. Dan sit ons sommer nog 10 jaar by jou PC se lewensduur.
Ek installeer 'n nuwe SSD (Solid State Drive), en opgradeer jou memory na 8GB. Al jou data word skoongeskrop en geclone, en jy sal niks data verloor nie. Dit sal wees soos om 'n Porsche te ry nadat jy so gewoond geraak het aan jou ou Beetle. Ek los jou ou hardeskyf net so in jou PC, so as iets verkeerd loop kan jy binne minute "rollback".
Die enigste twee voorwaardes is dat jou PC 'n 64-bit argitektuur kan hanteer, want Windows 11 kan nie op 32-bit werk nie. Tweedens moet die BIOS die AHCI en EUFI opsies hê onder die Hard Drive afdeling. Daarsonder perform 'n SSD drive nie optimaal nie.
Click op Start en tik WinVer om te sien watter Windows tans gelaai is. Indien dit Win7 is kan ons Win10 "skip", maar dan gaan jy ook 'n nuwe Win11 lisensie moet koop. Slegs Win 10 Activated na Win 11 Activated is gratis.
1: Neem ordentlik stock van jou huidige konfigurasie met Benchmarks (45 min)
2: Ugrade jou memory na 8GB (20min)
2: Maak 'n backup van jou bestaande hardeskyf na die nuwe SSD drive (1 Uur)
3: Diskonnekteer jou ou hardeskyf en installeer die nuwe SSD Drive met die regte BIOS Settings (30 min) (Jy hou die ou hardeskyf as backup)
4: Kostes van Windows (Microsoft kan enige tyd hul terme verander):
4a: Win 7 moet eers upgrade na Win 10 voor jy gratis kan upgrade na Win 11. Win 10 Home lisensie kos USD 139,00, Win 10 Pro = USD199,00
4b: As jy Win 7 het kan jy net sowel USD139,00 of USD199,00 betaal vir 'n skoon Win 11 installasie, waar ons 'n beter prys kan beding.
4c: As jy reeds Win 10 Activated het is die upgrade na Win 11 gratis, m.a.w. Win 10 Pro na Win 11 Pro of Win 10 Home na Win 11 Home.
4d: As jou Win 10 unactivated is gaan jy na 14 Oktober 'n Win 11 lisensie moet koop teen USD139,00 (Home) of USD199,00 (Pro) soos hierbo genoem.
5: Upgrade na Win11, activate, en download die toepaslike drivers (2 Ure as alles goed gaan)
6: Verander die partition tables van MBR na GPT (1 - 8 ure, dis nie altyd suksesvol die eerste keer nie, en dan moet alles oorgedoen word)
7: Streamline jou PC en disable al die onnodige widgets wat jy nooit sal gebruik nie.
8: Laai Microsoft Office Home of Pro 2016 tot 2024 - maak jou keuse
Die gratis upgrade is net van 'n valid, activated Windows 10, en nie van ander OS nie. As jou PC regtig te oud is om Win 11 te hanteer, MOENIE net aanhou met Win 7, 8 of 10 nie. Ons kan dan liewer jou PC oorskakel na Linux, en jy sal weer 'n mate van beskerming geniet. Linux word wêreldwyd gebruik en word op datum gehou. LibreOffice van Linux en MS Office is nie so lekker compatible nie, maar as jy nog meer geld wil spaar en kans sien vir die leerkurwe, is Linux dan jou beste opsie. Ons kan vir jou daarmee ook help want ons het die ondervinding.
Maar as jy sakke vol geld het en wil spog met jou nuwe super duper rekenaar, gaan dan maar voort en koop 'n nuwe een. Ons kan jou daarmee help ook, maar jy sal seker jou geliefde IT outjie glo.
Groete,
BührWizard
PS: Onthou, 'n ding werk net tot dit ophou werk. Dan is dit gewoonlik te laat vir voorsorg.
Moenie sê jy was nie gewaarsku nie!