Bergsig
Bulletin
Buurtblik op Wyk 6/7 | Window to Ward 6/7
Picture: @SuperDroneGuy #www.Skypixels.co.za
Picture: @SuperDroneGuy #www.Skypixels.co.za
Welcome! Ward 6/7 in Stellenbosch - the 'City of Oaks' - circles the foothills of Botmaskop mountain approaching the national highway in the North to the banks of the Eerste River in the South; from the gateway to the Jonkershoek valley in the East to central town on the Western boundary.
Ward 7 contains the de facto student town of Universiteitsoord to the Northwest of the coveted, established neighbourhoods of Aanhou Wen, Karindal, Mostertsdrift, Rozendal, Simonswyk, and Uniepark, with their tranquil gardens and tree-lined streets where children play, cyclists are commonplace, and neighbours greet one another by name.
Welkom! Wyk 6/7 in Stellenbosch - die 'Eikestad' - strek rondom die voet van Botmaskop en vanaf die nasionale hoofweg in die Noorde tot aan die oewer van die Eersterivier in die Suide; vanaf die poort na die Jonkershoekvallei aan die Oostekant tot by sentraal Stellenbosch aan die wyk se Westelike grens.
Wyk 7 bevat die de facto studentedorp Universiteitsoord aan die Noordwestekant van die gesogte en gevestigde woonbuurte, Aanhou Wen, Karindal, Mostertsdrift, Rozendal, Simonswyk, en Uniepark, met hul rustige tuine en boomryke strate waar kinders speel, fietsryers volop is, en bure mekaar op die naam groet.
The ward benefits from an informed and observant citizenry, taking an engaged interest in the good governance of both the ward and the town, with active attention to the best interests of the children and elderly of this community. An expansive range of activities, amenities, businesses, and services are on offer on the doorstep. Browse the pages of the Bulletin below for more information.
Die wyk baat by die ingeligde en oplettende burgerskap van inwoners, wat 'n betrokke belangstelling in die gesonde bestuur van die wyk en dorpsgebied handhaaf, en aktief aandag skenk aan die belange van kinders en bejaardes in die gemeenskap. 'n Uitgebreide reeks aktiwiteite, geriewe, sake-ondernemings en dienste word op die drumpel aangebied. Kyk gerus deur die blaaie van die Bulletin hieronder vir meer inligting.
Be still like a Mountain and Flow like a Great River
- Lao Tzu