Vrae en Antwoorde

hoeveel opsies is daar ? Daar is twee opsies. die eerste is die modelêre reeks - die goedkoopste opsie.

die tweede is die hibriede sisteem - u huisontwerp en konstruksie verloop soos enige gebou

Hoe lyk die voltooide huis ? : Daar is fotos van die proses op die webwerf. Voltooid lyk dit netjies afgewerk, en kan mens nie sien dat dit nie baksteen is nie.Om die prys laag te hou verf ons dit nie, maar ons kan dit wel doen.

Daar is op Youtube op die internet heelwat inligting en videos van die New Zeelanders, Australiê ens, wat die hele proses wys, en ons doen dit ook so, hier n Suid Afrika, dit is die beproefde en wettige en groen roete. kyk gerus na : http://www.youtube.com/watch?v=tTTUUkuGQ_c

Dit lyk nes gewone huise en geboue, en is net beter geisoleerd.

Kan ligtestaal dubbelverdieping wees of op pilare staan ? Die gebou kan dubbelverdieping wees, op pilare staan en ja dit staan gewoonlik op n geboude fondasie en vloer, vooraf gebou.

Dit kan egter mobiel wees en ons kan n alternatiewe mobiele fondasie en vloer verskaf , of n vloer om op pilare te staan, teen skuinstes , selfs in n boom.

Dit behels bietjie meer werk, maar is fantasties.

Hoe werk die vervoer ? Die vervoerkoste sal n vragmotor behels, met u boumateriaal, plat verpak asook die span om dit te bou. Gewoonlik word loodgieters en elektrisiens plaaslik deur die eienaar kontrakteer omdat hulle groothandelpryse ken , asook die munisipale beamptes en besighede. Ons probeer alle onkostes sny, daarom kontrakteer ons ook nie binneversiering nie, maar die geboue is so haaks dat modulere kaste net ingeskroef kan word.

Watter groen opsies is daar vir krag en water ?

Daar is heelwat hibriede sisteme wat mens al kan koop vir beligting - dit behels n kit wat mens ion n boks koop , wat sonpanele , inverter, en batterypak bevat met n paar ligte in LED Formaat

Daar is pragtige watertenks beskikbaar wat reenwater opvang, en deur siwwe laat loop in n tenk. Dit kan aangewend word op verskillende maniere , verskillende gebtuike vir die huis.

Sal banke en Munisipaliteite dit goekeur ? Ja in beide gevalle. Alles is volgens Nasionale Boustandaarde en Energie praktyke. U bouplan word voorberei vir u gebruik, en kontak ons u plaaslike Owerheid met die inhandigings proses om dit logisties te laat werk.