Filosofie van Eiendom

Ek het ’n stukkie grond gekoop

met melkhout op; dit afgekamp

en teen die hek ’n naam geverf

sodat verbygangers besef:

Dis Dirk se erf.

Janfiskaal sit op my melkhoutboom,

sit op ’n kruin, sit op ’n rots,

en proklameer, in sy lied

soggens en saans luidkeels,

“Dis my gebied.”

Bakkapel glip uit my melkhoutbos,

verby die kruin, verby die rots,

en teken op sandkolle waar hy kom oral in ouderwetse skrif:

“Alles… alles my eiendom.”

D. J. Opperman

Uit: Edms. Bpk. (1970)

commercial light weight steel construction- the future

waste and recycling services. remove your construction rubble : TCC - The Complete ReCycle