Omgewingsvriendelike konstruksie vir die alleman – modulêre Ligtestaal : ’n nuwe “mindfame”
Voordele :
Muur konstruksie is ’n belangrikse faktor -
Bekleding van buitemure is gewoonlik groot versterkte veselsement velle van plus-minus een cm in dikte en bestaan uit :
Plantaardige sellulose materiaal , herwinde boumateriaal pap, silika sand en sement wat deur ’n stoomproses gaan om dit brandvry , waterdig en ryp te maak.
Dit word gerol in plat velle of fasade planke, vir ’n gladde of moderne effek en kan net so ongeverf gelaat word.
Muur afwerkings sluit in gewone sement pleister (stucco) en kan ook afgewerk word met ’n enkellaag baksteen of natuurlike klip
Voorafvervaardigde stelsels (EFIS) systems ook genoem sintetiese pleister is deesdae ’n tweede generasie buitebekleding en bestaan uit ’n paar lae :
Ander afwerkings is hout of glas panele – daar is daagliks nuwe en opwindende materiale wat die voorgeskrewe lae geleidings faktore handhaaf of verbeter daarop.
Vermont Plank “Ship Lapped” veselsement planke met hout teksture maak dit interessant
ander bekleding sluit in :
• Staal of aluminium panele
• voorafvervaardigde laaghout
Binnemure is gewoonlik ook veselbord in dunner formaat, afgewerk soos enige ander muur, gipsbord, asook magnesium bord almal benodig net ’n las afwerking omdat dit reeds glad is.
Isolasie materiale in mure wissel van afval plastiek tot brandvrye sellulose watte, konstruksie foelie, verdigte polistireen , voeg “batting” of spons , bubble wrap en vele ander gewoonlik van herwinde materiale soos plastiek, poliuretaan en poliëtileen.
Vloere behels ’n goeie liggewig Beton / Perliet Aggregaat mensel wat ’n baie lae geleidings faktor handhaaf. Dit is vulkaan klip wat gemeng word met sement om ’n besondere sterk liggewig beton te vorm wat isolerend is teen geologiese temperatuurskommelings.
Volhoubaarheid gaan oor die effektiewe toepassing en optimisering van hernubare bronne. So ook in die konstruksie bedryf. Groen is die nuwe goud, want sogenaamde groen produkte verkoop soos soetkoek, sommige beter as ander. Mens moet egter jou navorsing doen sodat jy verantwoordelik bou, koop en installeer.
Daar bestaan warmwater stelsels wat werk met fisika en jy het nie waarlik elektriese Chinese produkte nodig van die ander kant van de planeet nie- Dit verg duur energie om in Suid-Afrika te lewer, iets om in gedagte te hou
Om ’n groen leefstyl te implementeer beteken om op mikro en makrovlak aanpassings te maak. In die konstruksie bedryf beteken dit :
Volhoubaarheid – met boumetodes, materiale en installasies om na voltooiing van konstruksie in die struktuur te woon met die gebruik van die minimum eksterne energie bronne d.w.s. vërsiende en verantwoordelike ontwerp van die gebou op ’n holistiese grondslag.
Die beste energie bronne is die hernubare bronne op eie werf. Dit behels sonlig, wind en reën- dit verskaf “gratis” beligting, elektrisiteit, asook warm water, reënwater vir spoeltoilette – vul dit aan met die gebruik van krane en gloeilampe wat besparend funksioneer om volhoubare praktyke te handhaaf.
Die gebruik van ligte staal vir wonings. Dit is die gekose boumetode in lande soos New Zealand, die Amerikas, Europa en Australië, al vir meer as 50 jaar.
SASFA is die Suid-Afrikaanse ligte staal Assosiasie en die Nasionale kode vir Ligte staal bouregulasies is die SANS10162:2 met die titel “Cold Formed Steel Structures”, wat verwerk is van die Australiese standaard AS/NZS 4600:2005.
Dit kan bestel word van die SABS, soos ook die SANS 517, oftewel die SANS 517:2011 – die nuwe bouregulasie kode vir ligte staal konstruksie.
Daarby het ons kennis geneem van die nuwe bouregulasies en Energie regulering vir huis eienaars. nl. die SANS 10400 XA waaraan ons nou moet voldoen met enige nuwe strukture of aanbouings, asook die beste-praktyk dokument - die SANS 204
Ligtestaal konstruksie is koel kan mens sê. Of hot, soos die jongmense ook praat....
Dit is egter so ’n veelsydige manier van veilige konstruksie dat ons ’n nuwe era betree waarin nuwe grense geskuif word vir die konserwatiewe sowel as die avontuurlike Suid Afrikaner.
Vir nog inligting, asook ’n goeie oudit van jou stelsels, besoek ook die webwerf van die Green Building Council of South Africa. Op hulle webwerf is ’n waardevolle aflaaibare excel dokument wat hulle ’n “rating tool” noem . Twee toepaslikes is die
2012-09-11 GBCSA Energy & Water Benchmarking Tool PILOT - rev 1 (2).xls wat ’n uitgebreide aanduiding gee van die faktore wat ’n gebou se eko-vriendelikheid toets, sowel as die
GSSA_MUR_v1_Rating_Tool_20120901.xlsx genaamd The Green Star SA – Multi Unit Residential v1 rating tool wat baie insig gee in die verstaan van energie-besparende tegnieke en die belang van goeie ontwerp.
sien die webwerf http://www.gbcsa.org.za/greenstar/ hiervoor.
Eskom se webwerf by http://www.eskomidm.co.za/calculators/calculators gee ook goeie inligting
met hulle
· Bed and Breakfast calculator tool
Klipmuur "viracrete" - https://sites.google.com/site/capetowncornerstone/
Energy efficiency
3D
Proposals
CAD -Architectural and Engineering
Building Plans
Submission
Landscape design
Alternative solar and energy strategies
Marketing