Hulp

Baan bespreking:

'n Baan bespreking kan gedoen word vanaf jou rekenaar of selfoon ("smartphone"). Voordat jy 'n bespreking doen, bevestig eers dat die baan beskikbaar is in die tyd wat jy wil gaan skiet:

Gaan na die baan besprekings blad via die skakel bo aan die blad:

Vul jou inligting in op die baan besprekings blad (maak 100% seker jou lid nommer is korrek):

Onthou om die "Ek aanvaar Terme" boksie te selekteer:

Klik op "Submit":

Gee 5 tot 10 minute kans vir die sisteem om opgedatteer te word en maak dan seker, op die tuisblad, dat jou bespreking voltooi is. Let asseblief dat indien iemand anders in dieselfde 5 minute tydgleuf 'n bespreking vir dieselfde skiet tydgleuf gedoen het, die sisteem die bespreking aan die persoon sal toeken wat eerste sy details "Submit" het. Let ook dat die blad "refresh" moet word (na 5 - 10 minute) om die besprekings rekord aan te dui:

Opstel van skakel op rekenaar:

Toegang tot die SAJWV - Houtkapper tak Baan Besprekings Blad kan slegs met behulp van 'n skakel bekom word. Die blad is só opgestel om te verhoed dat lede se inligting vrylik beskikbaar is op die internet. Hier is 'n eenvoudige manier om 'n skakel ikoon te skep om maklik tot die blad toegang te verkry:

"Copy" die blad skakel vanaf die e-pos wat u ontvang het, of vanaf u internet bediener venster:

Gaan na u rekenaar se "Desktop" en klik met die regter knoppie ("Right click"). Kies "New" en dan "Shortcut":

"Paste" die web blad skakel en klik op "Next":

Spesifiseer Naam van skakel en klik "Finish":

'n Nuwe skakel "file" sal op die "Desktop" verskyn wat na enige plek op u rekenaar geskuif kan word. Dubbel Klik hierdie "file" om die blad oop te maak:

Opstel van skakel op Android foon (met Google Chrome):

Volg skakel wat na u gestuur is via e-pos na web blad:

Kies die menu opsie en dan "Add to homescreen":

Spesifiseer die naam van die skakel en kies "Add":

U skakel verskyn op u selfoon: