Mamma, soveel woorde is al geskryf,
soveel liedjies al gesing
nog nie een –
kon u waarde na reg besing.
Skrywers en digters speel met woorde,
woorde saam met musiek akkoorde,
tog kom daar altyd iets kort-
u liefde, u omgee, u troos
alles mildelik vir u kroos,
kan niemand na waarde beskryf.
Mamma, u is uniek ek het u so Lief,
God het U vir my uitgesoek.
soos geskryf in die Lewensboek-
om my te leer van geloof hoop en liefde,
Die grootste hiervan die “Liefde”.
Mamma, U liefde is só spesiaal,
ek kan net vreugde daaruit haal.
U opregtheid weg van alle pretensies,
verander soveel in baie mensies.
U bemind deur groot en klein,
u opvoeding so fyn.
U leer my liefde die natuur en elke dier,
U put soveel vreugde uit blomme mooi-
u tuin altyd in blomme prag getooi,
u oë wat altyd van liefde straal,
u vreugde lag elke dag-
Mamma u is so spesiaal!
Toe siekte U laat kwyn
kanker binne u pyn
Die dood u weg skeur met venyn,
Geen mens sal ooit verstaan,
hoeveel hartseer was in elke traan.
Die leemte deur u gelaat,
ek het seerkry gehaat,
om te weet dit is vaarwel
was regtig ware hel.
Net God kan regtig weet
dat ek U nooit kan vergeet.
Dankbaar is dat ek weet,
dat u by Jesus op my wag-
Mamma ek het u lief.
Geskryf deur Ans Coetzee
© Kopiereg 2008
Opgedra aan my mammie
GLAS STUKKE
'n Lewe breek soos glas
splinters spat
dit wat was
dit wat sal wees
stukkend
Daar is stukke wat sny
daar is stukke wat blink
daar talle kleure
talle vorme
sonder maats
Glasskerwe en splinters
dit sny diep
dit maak seer
elke liewe keer
net dieper
Dit wat mooi was
dit is weg
Die trots die mooi
stukkend, flenters
net sommer niks
Tog is daar hoop
klaar met bloed gekoop
die kunstenaars siel
bly nooit verniel
'n kunswerk wag
God neem die glasskerwe
asof met die hand gekerwe
maak hy die siel heel
as sy Skeppings deel
Die stukke en flenters vergete
'n pragtige mosaiek word gevorm
'n siel gelouter tot kwaliteit
met niks meer pyn