Direkte kontak word geklasifiseer soos volg:
Geen masker is gedra
Sosiale distansie – minder as 1.5m
Swak ventalasie (lokaal of motor)
Kontak was langer as 15min
Indirekte kontak word geklasifiseer soos volg:
Masker is gedra
Sosiale distansie – konstant 1.5m of meer
Goeie ventalasie (lokaal, motor of veld)
Kontak was minder as 15min
Die COVID19-protokol word soos volg hanteer in die volgende situasies:
SITUASIE 1:
Wanneer ‘n leerder siek voorkom en toon die volgende COVID19-simtome nl. droë hoes, hoë koors, moeisame asemhaling, seer keel, maagpyn of verloor reuk/smaak-sintuig…
AKSIESTAPPE
Leerder MOET masker dra en word na die isolasiekamer gestuur.
Ouers word gekontak en kom haal leerder by skool.
Ouer neem leerder na dokter vir ondersoek.
‘n Doktersbrief word aan die skool gestuur via e-pos na covid19@lsgf.co.za of carel@lsgf.co.za
Indien nodig word die COVID19-toets gedoen. Stuur uitslag na die skool.
SITUASIE 2:
Die uitslag van my kind se COVID19-toets was POSITIEF. Wat doen ek nou?
AKSIESTAPPE
Leerders gaan in ‘n 10-dae self-isolasie.
Laat weet die skool onmiddellik van die positiewe toets.
Leerders/Personeel MAG nie skool toe kom nie.
Leerders gaan aan met hul akademie by die huis.
Kontak die betrokke registerpersoneel vir meer inligting en hulp in hierdie verband.
Leerders kan na die 10-dae self-isolasie weer terug keer skool toe.
SITUASIE 3:
Ek het twee seuns, die een is by Hoërskool Garsfontein en die ander by Laerskool Garsfontein. 'n Kind in my ouer seun se klas toets positief...Wat doen ek nou?
AKSIESTAPPE
Hierdie situasie is ‘n LAE risiko geval...Die seun van Laerskool Garsfontein was in indirekte kontak.
GEEN spesiale prosedure word gevolg nie.
Dit is nie nodig om in self-isolasie te gaan nie.
Alles gaan voort soos normaal.
SITUASIE 4:
Jy was in kontak met iemand wat DEFNITIEF POSITIEF getoets het vir COVID19.
AKSIESTAPPE
Hierdie situasie is ‘n HOË risiko geval … direkte kontak.
Leerders mag NIE skool toe kom nie.
Gaan in self-isolasie vir 10-dae.
Wag tussen twee tot drie dae om te sien of daar enige simptome ontwikkel word. Indien daar simptome ontwikkel, laat toets vir COVID19.
Leerders gaan aan met hul akademie by die huis. Kontak die betrokke registerpersoneel vir meer inligting en hulp in hierdie verband.
Vir enige navrae kontak Mnr. Carel van Wyk by covid19@lsgf.co.za of 082 562 8094.