Waar kan ek die akademiese biblioteek kry.
Om toegang te kry tot die Akademiese Biblioteek op 'n foon/tablet:
Maak jou Google Drive app oop.
Maak seker jy's in jou skool e-posadres ingesign,
Tap regs onder op Files
Tap regs bo op Shared Drives
Tap dan Akademiese Biblioteek.
Om toegang te kry tot die Akademiese Biblioteek op 'n rekenaar:
Gebruik enige browser (bv. Edge/Chrome/Safari)
Tik hierdie adres bo in die soekbalkie: drive.google.com
Sign in met jou skool e-posadres
Kies Shared Drives in die linker paneel
Kies die Akademiese Biblioteek
Meld enige foute of probleme aan by G3 (oorkant G4).
Ek het nie 'n @hsrandburg.co.za e-pos-adres nie
Binne 1-2 dae na jou inskrywing by die skool sal jy 'n outomatiese e-pos ontvang met jou e-pos besonderhede.
As jy dit nie ontvang het nie, of enige ander probleme ondervind, kan jy IT Support by G3 kry.
Alternatiewelik, kan jy 'n epos stuur na aanlynleer@hsrandburg.co.za om dit te versoek.
Waar is die Akademiese Biblioteek?
Laai die Google Drive app af (indien nodig)
Maak seker jy is in jou skool eposadres ingeteken (regs bo by die ronde foto/letter)
Kliek onder op die opsie 'Files' heel regs
Kliek regs bo op Shared Drives en kies dan die Akademiese Biblioteek.
Die klaskode werk nie.
Teken in op Google Classroom deur jou Randburg e-pos-adres (xxx@hsrandburg.co.za). Dit sal nie werk met 'n gewone gmail-adres nie.
Indien daar in jou klaskode 'n "o" of " l" (letters) voorkom, probeer 0 of 1 (nul of een) intik.
Wat is die POP/IMAP email settings?
Stop net daar! Jy het die rekening as 'n gewone e-pos-rekening in plaas van 'n Gmail account probeer byvoeg. As jy dit byvoeg as 'n Gmail account word jy nie hiervoor gevra nie.
Moet ek my Randburg e-pos gebruik?
Gaan kyk daagliks na jou Randburg e-pos-adres, Classroom kommunikeer terugvoer op take deur hierdie e-pos-adres.
Jy kan jou e-pos voorkeur stel in die Classroom app of webblad.
Hoe kommunikeer ek met my onderwysers?
Elke klas het 'n Stream-bladsy, jy kan hier 'n boodskap plaas wat almal kan sien, of jy kan jou Randburg e-pos gebruik.
Ek kan nie 'n Questionnaire oopmaak nie
As jy die foutboodskap kry: 'This form can only be viewed by users in the owner's organisation', is jy nie ingeteken in jou skool e-pos-adres nie. Dit is moontlik dat jy in jou browser moet inteken met jou skool eposadres om die vorm in te vul. Indien jy werk op 'n Android slimfoon, stel Chrome as jou default browser (Google hoe om dit te doen). Dit mag dalk moontlik wees vir jou ouer/voog om toestemming te gee, indien Parental Control aangeskakel is.
My juffrou sê ek het geen files submit nie
PROBLEEM: Jy het op Hand in ge-click voordat jy 'n file gelaai (upload) het.
Gaan terug na die Assignment toe.
Click op Unsubmit.
Gebruik nou die ➕ knoppie en voeg die nodige files/foto's by.
Click weer op Hand in.
Ek het nie toestemming om die attachment oop te maak nie
Dit gebeur wanneer jy in Google Classroom is, maar jy het nie deur jou Randburg e-pos ingeteken nie.
As jy werk op jou foon: In jou Classroom App. 1. Gaan uit al jou klasse. (Klik links bo op die hamburger) 2. Klik regs op die kol en teken daar in met jou Randburg epos.
As jy werk deur 'n browser op 'n rekenaar:
Maak Classroom toe.
Regs bo is 'n kol, klik op die kol.
Kies dan jou Randburg login.
Klik op die 9 kolletjies (App Launcher) en kies Classroom.
Maak seker dat jou login nie verander het intussen nie.