Hoe werk die proses?
Die NNS het `n aanlynstelsel vir aansoeke. Die stelsel sal in September 2020 oopmaak en alle aansoeke moet teen 31 Januarie 2021 op die stelsel voltooi wees. Die Universiteit Stellenbosch het `n baie noukeurige interne evalueringsproses en ons wil hierdie jaar vroegtydig daarmee begin sodat aansoekers ten volle kan baatvind daarby. Die Afdeling Navorsingsontwikkeling is verantwoordelik vir die indiening van aansoeke en geen aansoeke sal by die NNS aanvaar word sonder institusionele onderskrywing nie.
DIE FINALE DATUMS SAL TEEN MIDDEL-JULIE BESKIKBAAR GEMAAK WORD.