Stap 1
Registreer op die NNS aanlyn stelsel (http://nrfsubmission.nrf.ac.za) en begin nou al u CV op die stelsel voltooi (indien u dit nog nie gedoen het nie).
Laai die NNS Evaluering inligtingspakket hier af
Stap 2
Sodra u 'n aansoek vir evaluering oopmaak op die NRF aanlystelsel word u aan `n interne paneellid toegewys wat u regdeur die proses kan ondersteun en van raad kan voorsien ter voorbereiding van u aansoek.
Stap 3
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling werk saam met u en hanteer enige navrae/probleme ten opsigte van die proses en die NNS aanlyn stelsel.
Die aansoek neem tyd om te voltooi (glo ons!!) - ons wil u help om die beste moontlike aansoek voor te berei met genoeg tyd en die nodige ondersteuning vanuit ons kantoor.
Kontak gerus vir Aasima Gaffoor