Universiteit Stellenbosch Interne Proses - 2020/2021
Universiteit Stellenbosch Interne Proses - 2020/2021
Die evaluering van individue is primêr gebaseer op die kwaliteit van hulle mees onlangse navorsingsuitsette. "Onlangs" in die konteks van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) evalueringstelsel, verwys na uitsette van die afgelope agt jaar.
Die volgende rondte vir NNS evaluering sal in September 2020 oopmaak en verwys na uitsette tussen 1 Januarie 2013 en 31 Desember 2020. Die evaluering word onderneem deur nasionale en internasionale beoordelaars wat versoek word om die navorsing wat voltooi is gedurende die evaluasieperiode, noukeurig te ondersoek. Aansoeke word ingedien deur of "gevestigde" navorsers met `n bestendige navorsingsrekord (kategorieë C, B, en A) of deur jonger navorsers wat potensiaal toon om gevestig te word binne `n vyfjaar periode (Y), of toekomstige leiers te word binne hul veld (P).
*Vir meer inligting oor NNS evaluering, besoek gerus die NNS webwerf by www.nrf.ac.za