Ahoy matrose!
Seejol 2025 – Jou spore maak saak!
Die Matrose het veilig aan wal gekom, die tente is afgeslaan en die Seejol-vure het uitgebrand… maar die herinneringe wat ons saam gemaak het, sal nog lank voortleef.
Aan elke martoos wat gekom het om te leer, te groei en nuwe vriende te maak – dankie dat jy jou spore kom los het. Aan die ouers, vriende en ondersteuners – dankie dat julle hierdie ervaring moontlik gemaak het. Aan elke offisier en helper – julle toewyding het hierdie kamp besonders gemaak.
Mag die waardevolle lesse en kosbare herinneringe van Seejol 2025 altyd saam met jou gaan. 🌿👣
Seewaardige groete,
Kaptein Stefan Hattingh
Seejol 2025 Kampleier
Kontak my gerus by: seejol@voortrekkers.co.za