Ons weet daar is baie foto's en video's wat julle met die res van VTS Seejol se bemanning wil deel, so ons het hierdie albums só geskep dat julle nie net die kiekies kan aflaai wat ons tydens die kamp ontvang nie, maar ook nog joune kan byvoeg in die gepaste albums.
En kalmeer - indien jy die saktoepassing installeer op jou toestel, sal jy kennisgewings ontvang wanneer iemand anders nog kiekies, film, GIF's ens. oplaai.
As daar 'n storie agter die storie is, kan jy dit ook byvoeg in die comments. Deel sommer ook jou Insta & TikTok @, sodat almal kan sien waar om jou verder af te loer op die interwebs.