Pacaltsdorp Primêre Skool
Visie
Ons streef om 'n skool van uitnemendheid te word
Missie
By Pacaltsdorp streef ons na die volgende
Om ons opvoeding en onderwys op Christelike waardes te baseer ten einde hoogste moontlike akademiese, Kulturele en sportprestasies van elke leerder te verseker
Om goeie dissipline in die skool te handhaaf
Om doeltreffende kommunikasie tussen leerders, ouergemeenskap en opvoeders te bewerkstellig
Die 21ste eeu onderrig is hier en met dit het tegnologie 'n groot impak gemaak op ons daaglikse lewe. Die doel van hierdie webtuise is om die leer proses aanlyn te bring met leer materiale wat leerders tot voordeel van hul opvoeding kan gebruik. Die materiaal op hierdie webtuiste mag slegs gebruik word deur leerders van Pacaltsdorp Primêr. Die materiale op die webtuiste is bymekaar gemaak deur die onderwysspan van Pacaltsdorp Primêr en mag onder geen omstandighede verkoop/gebruik word sonder toestemming nie. Geniet die aanlyn leerproses en welkom by PPS se aanlyn leer webtuiste!