Dit is nie die sterkste van 'n spesie wat oorleef nie, ook nie die intelligentste nie, maar die een wat die maklikste by verandering kan aanpas. - Charles Darwin
Lewenswetenskappe is ‘n leerarea wat handel oor die lewe self. Wat is dan lekkerder as om te leer van die lewe, van die plante en diere wat ons omring se bou (anatomie) en van hul werking (fisiologie)?
Verder leer ons ook ons eie liggaam baie goed ken – van kop tot tone. Hoe al die verskillende stelsels in jou liggaam lyk en werk. Ons kyk ook waar alles vandaan kom, hoe dit ontwikkel en verander het deur evolusie en genetiese kruisings.
Ons as mense het 'n verantwoordelikheid teenoor ons omgewing. In Lewenswetenskappe leer ons wat hierdie verantwoordelikheid is en hoe ons positiewe insette kan lewer in die behoud van ons omgewing.
Hierdie webblad kan gebruik word van graad 10 tot graad 12 om op hoogte te bly van wat in jou klas gebeur sowel as in die wêreld daar buite. Hier gaan ons leer van alles en nog wat van die lewe.
Ons hoef vir niks in die lewe bang te wees nie, ons moet dit net verstaan