Artists Events

2024

Gratitude Expo - Stilbaai.

18 Junie - 6 July

Kleinbergskloof 2023

13-17 Desember 2023 - Stilbaai

Hessequa Harmonie 2023

19 - 23 September

Gouritz Biosphere Cluster Exhibition - Riversdale

Opening 12 November.

Ons kunstenaars wat uitstal.

Mark Matthyssen, Andries Kluyts en Charles van Wyk

Ferdo Voigt & Cole Hay

Sonja Margerison & Speaker Andrew Stroebel

Een van Hannelie Taute se besonderse werke.

Mark Matthyssen

Nadine Hansen

Night of the Arts  Jagersbosch - Stilbaai, 30 September 2022

Die aand het uiteindelik aangebreek en die gaste het begin opdaag en is ontvang met ñ "sundowner" en sap. Daar is lekker gesels en onbekendes het bekend geword. Om 18:00 het die verrigtinge begin met ñ verwelkoming, opening met gebed en die toesprake is afgehandel. Daar was ñ atmosfeer van afwagting en ñ verwagting, want wat gaan aan agter daardie geslote deure?

Die Waenhuis se deure is geopen en die gaste is geleentheid gegun om die kunswerke te gaan besigtig. Dit was ñ wonderlike gesig om te aanskou, want die kunswerke is met wasgoedpennetjies aan die wasgoedlyn opgehang. Wat ñ prentjie!! Na so 20 minute se kyk kon elke gas hul items merk met ñ plakker wat hul dan die eienaars van daardie skildery gemaak het. Die mooiste werk is deur ons kunstenaars vir hierdie geleentheid gemaak en die werk was annoniem , so niemand het geweet wie die kunstenaar was nie. Baie interessante konsep wat gebruik was en ook ñ eerste uitstalling van die aard vir Stilbaai. 

Die gaste is op pragtige agtergrond musiek trakteer terwyl hulle die kostafels, wat gekreun het onder wonderlike kosse, help ligter maak het. Pluimpie vir die mense wat betrokke was vir die kos; puik gedoen, so ook die versiering en dankie aan die span.

Daar is heerlik gekuier en die atmosfeer was nou ontspanne. Baie dankie aan ons Kunstenaars vir elkeen se bydrae ( ongeveer 400 Skilderye) julle het GROOT gegaan. So ook ñ woord van dank aan ons BORGE wat ñ suksesvolle aand verseker het. Die Kunstenaars en Borge is heel aand dmv tegnologie aan die publiek vertoon. Aan almal wat só hard gewerk het baie dankie, julle word waardeer. 

Die fondse wat ge-in is gaan na die beursie van Jagersbosch om hul fondse te steun vir die belangrike werk wat in die gemeenskap gedoen word. Volgende jaar maak ons weer só!!

People of the Trees - Albertinia 24 September 2022

Hessequa-Harmonie Heidelberg 2022

Hessequa Harmonie Klassieke musiek, kuns, drama en boekfees. 20 - 24 September2022


Andries Kluyts, Metaal kunstenaar, (links)  van Heidelberg saam met Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles  skud hier hand met Niel Rademan vir sy bydrae tot die kunste in Hessequa. Die Trofee is ontwerp en gemaak deur Andries Kluyts


Rural Arts Network kids playing the Merimba's  at the street events

Michelle Steenkamp van Varsgebak saam met Niel Rademan by die Feeskoek

Handmade by Hessequa Exhibition 

Vertonings gedurende die Fees

Hiefel- Fiefel pad-af exhibition - Riversdale 2022

Privelistea -Jongensfontein 2021

Some of the artists who exhibited

Day visitors

Customer holding his  Danie Cronje painting

Opening night

Co-ordinater Sonja Margerison working her magic

Carolina Overbeek standing next to her encaustic artwork

Hessequa Harmonie - Heidelberg 2021

Exhibition space

Nadine Hansen, Niel  Rademan, Hannelie Taute

Hannelie Taute, Grant Riddles (Executive Mayor), Nadine Hansen

Classical music performance

Photography and fine art at exhibition

Tribute to Rosa Smit