Die ankerkruis, soos in die wapen vervat, was ook die versinnebeelding van die Hugenote met hul deugde van geloof, offervaardigheid, deursettingsvermoë, beginselvastheid en verdraagsaamheid.
Die vier kruispunte verdeel elk in twee en op die eindpunte verskyn agt kleiner sfere wat die agt saligsprekinge (Matt 5: 3-10) heraldies vergestalt. Histories gesien versinnebeeld dit die agt ankers van die Hugenote en hul strewe.
Met dienende geloof as anker kan die hoogste hoogtes bereik word. Die strewe na die hoogtes word versinnebeeld deur die geboë lyne wat opwaarts na mekaar toe beweeg.
Die wapen self en die leuse vorm dus ’n hegte eenheid:
GLO EN DIEN
Blou bruis die golwe van ons jeug
Blou blom die hemel van ons vreug
Anker wat gloei met moed gepaard
Swaai hoog ons hoop se blinkwit swaard!
“Glo en Dien!” in Woord en Daad!
“Glo en Dien!” dit is ons taak.
Hoërskool Zwartkop, Blinkste Ster
Vorm sy kinders, stuur hul ver.
Gaan met Liefde deur sy poort
Dra sy Gees en kennis Voort.
Hoërskool Zwartkop, Fort van
Krag Brug van Toekoms, Skans Vandag!
Blou bruis die golwe van ons Jeug
Blou blom die hemel van ons vreug
Anker wat gloei met moed gepaard
Swaai hoog ons hoop se blinkwit swaard!
“Glo en Dien!” - Dit is ons taak!
Woorde en Musiek deur Rudi Neitz
Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
Yizwa imithandazo yethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.
Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa la matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjhaba sa South Africa
Suid-Afrika.
Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kranse antwoord gee,
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.
Graad 8: Mnr Adam Barnard
E-pos: barnard.a@zwarries.co.za
Graad 9: Me. Marli Morrison
E-pos: morison.m@zwarries.co.za
Graad 10: Me. Natasha Beyers
E-pos: beyers.n@zwarries.co.za
Graad 11: Me. Petro Richardson
E-pos: richardson.p@zwarries.co.za
Graad 12: Mnr Erik Pretorius
E-pos: pretorius.e@zwarries.co.za
Beste Zwarrie
As jy hierdie lees, is jy pens-en–pootjies binne in die nuwe jaar – 2022! ‘n Jaar wat onbesoedeld voor ons uitgestrek is; ‘n jaar waaroor ons nou reeds ‘n opgewonde dankbaarheid het vir wonderlike geleenthede wat aan ons gebied gaan word.
Ja, ons is nou reeds met dankbaarheid gevul en is die uitdaging dat ons dankbaarheid ‘n polsende ritme sal handhaaf, want Zwarries leef met dankbaarheid.
Daar is twee soorte mense – murmurerende mense en dankbare mense. Murmurerende mense kla oor alles en sien moeilik die goeie raak. Die Woord van die Here het ‘n kort kragtige boodskap vir hierdie mense in Fil 2:14: “doen alles sonder murmurering en teëspraak”. Om egter met dankbaarheid te leef, is om volgens I Thes 5:18 in pas te wees met God se wil: “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle”.
Dankbaarheid kom egter nie vanself nie. Dit moet in ons lewens gekweek word – dit is ‘n gesindheid! Om met dankbaarheid te leef, hang ook nie af van ons omstandighede nie. Moeilike en maklike tye, geluk en ongeluk, kan in iets kosbaar saamgevoeg word deur met dankbaarheid te lewe.
Selfs die mediese wetenskap ontdek nou dat dankbaarheid die emosionele eienskap is wat waarskynlik die voordeligste vir liggaamlike gesondheid is.
As ons net een ding moet raakleef in 2022, dan is dit dankbare verwondering. Die nommer een vyand van dankbaarheid, is waarskynlik om dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Mag dit waar wees dat ek en jy vanaf 2022 niks meer as vanselfsprekend sal aanvaar nie en dat ons van dankbaarheid ‘n lewenswyse sal maak.
Miskien moet ons weer ons denke vernuwe en weer begin om ons seëninge te tel. En dan sal jy agterkom dat die moeilikste rekenkunde om baas te raak – is dit wat jy nodig het om jou seëninge mee te tel.
DANKBAARHEID straal deur die vensters van jou oë.
DANKBAARHEID help jou om beter te voel oor slegte dinge.
DANKBAARHEID laat jou optree asof jy reeds die positiewe ontvang het.
DANKBAARHEID leer jou om alles te koester wat jy daagliks ontvang.
Dankie dat jy saam met ons uitsien na ‘n jaar van dankbare verwondering, waar elke Zwarrie met dankbaarheid gaan leef!
Zwarriegroete
Dr Dewald Strydom
SKOOLHOOF
Prefek Erekode
Hiermee beloof ek as prefek om
Die taak my opgelê na die beste van my vermoë uit te voer;
Koersvas en doelgerig leiding te neem;
Gehoorsaam en lojaal te wees aan my meerderes;
Vriendelik en behulpsaam te wees teenoor my minderes;
Ten alle tye waardig, dog beslis, op te tree;
My skool se naam in ere te hou;
'n Gesonde gees in die skool te bevorder en
'n Navolgenswaardige voorbeeld te stel
As Christen, geanker in die geloof, sal ek poog
om getrou te wees aan ons leuse, nl. GLO EN DIEN
Seuns
Hoofseun:
Lourens Nel
Onderhoofseuns:
SG Roode, Guan Buys, Luan Wakeford
Prefekte:
Du Plessis, Damian
Fouché, Clayton
Groenewald, Lood
Jacobs, Zander
Jordaan, Jaco
Kruger, Mi-Chael
Maritz, Gerhard
Mussmann, Edrich
Nel, Divan
Oliver, Jonathan
Pieters, André
Pretorius, Sebastian
Rabie, Xaber
Ras, David
Richardt, AJ
Smith, Reagan
Stoltz, Dylan
Swanepoel, Rogan
Van Coller, Xander
Van der Merwe, Keegan
Van der Westhuizen, Ian
Van Rooyen, Diwan
Van Wyk, Nihan
Wissekerke, Tomas
Hoofdogter:
Minette De Souza-Allegria
Onderhoofdogters
Estie Stadler, Shana van Heerden, Anika Williams
Prefekte:
Beyers, Mieke
Botha, Charissa
Botha, Wilanie
De Swardt, Lisa
Dekker, Li-Mari
Du Plooy, Delane
Du Toit, Marli
Eybers, Arwen
Faure, Elisna
Fourie, Annemieke
Le Roux, Renate
Liebenberg, Anke
Marx, Alri
Mosdell, Taryn
Palm, Emily
Pankhurst, Michaela
Rossouw, Deidre
Sell, Gaeby
Stapelberg, Cristabelle
Theron, Lize
Van der Westhuizen, Nika
Van Heerden, Deonné
Van Rooyen, Micayla
Vermeulen, Mieke
SKOOLDRAGREëLS
VOORKOMS
Zwarries se voorkoms is ʼn saak van erns. Ons is daarop ingestel dat ons Zwarries ’n trotse beeld moet projekteer. ’n Kind se voorkoms is ’n verlengstuk van dissipline en trots in die ouerhuis. Net soos wat daar in ’n kind se persoonsmondering belê word om sekere karaktereienskappe te vestig, is voorkoms ook ’n opvoedingstaak. Hoe ’n mens lyk, is ook ’n voortsetting van jou karakter.
Na ’n skoolvakansie moet leerders se voorkoms op dag een van die nuwe kwartaal reeds 100% aan die voorkomsreëls voldoen. Indien dit nie die geval is nie, sal die betrokke leerders se ouers geskakel word om hul te kom haal om hul voorkoms volgens die skoolreëls te kry.
SKOOLUNIFORM
Zwarries is trots op hul skooluniform. Daarom trek ons die uniform graag aan en pronk daarmee as netjiese en trotse Zwarries. Die skooluniform is onder andere verpligtend by die onderstaande geleenthede:
Sportgeleenthede tuis en by ander skole
Meriete-aande
Oueraande
Kerkdienste van die skool
Op enige tydstip wat die skool besoek word gedurende eksamentyd, al skryf die leerder nie ’n vak nie
Vakkeuse-inligtingsaande
Graad 8 – 12 inligtingsaande
Per geleentheid soos met leerders gereël
DRAG
ALGEMEEN
Skoolbaadjie
Die Hoërskool Zwartkop skoolbaadjie is verpligtend as deel van die formele uniform. Leerders moet hul skoolbaadjies elke Maandag dra. Gr. 8 leerders mag hul skoolbaadjies eers na die inburgeringseremonie dra as hulle volwaardige Zwarries is. Geen leerder mag ʼn langmoutrui sonder ʼn skoolbaadjie aantrek nie. Slegs die voorgeskrewe skoolbaadjie mag gedra word. By skoolleweransiers beskikbaar. Slegs balkies van amptelike skoolaktiwiteite mag aan die lapel van die skoolbaadjie gedra word, bv. Leerderraad, Akademie, ens. Balkies mag slegs vir die jaar waarin die prestasie/s bereik is, gedra word.
Formele drag
By alle geleenthede waar leerders die skool verteenwoordig of as ’n groep funksies bywoon, word formele drag gedra: Die skoolbaadjie en das is verpligtend vir almal en dogters dra ʼn skoolromp en lang kouse en seuns ʼn langbroek. Geen juweliersware of reklamebandjies mag gedra word nie.
Das
Die das mag saam met somersdrag gedra word en is wel verpligtend wanneer die skoolbaadjie gedra word. Dasse moet netjies geknoop wees en mag nie los hang nie. Die boonste knoop van die hemp moet vas wees. Die matrikulante het ʼn matriekdas wat heeljaar gedra word en is slegs by Maretha’s beskikbaar.
“Pull over”/ Oortrektrui
Die “pull over” is ʼn vervanging van die langmoutrui en mag saam met somers- en wintersdrag gedra word, met of sonder die skoolbaadjie. Die langmoutrui is uitgefaseer en word nie meer deur die verskaffers verkoop nie. Indien daar leerders is wat steeds ʼn langmoutrui het, mag dit slegs saam met die skoolbaadjie gedra word. Geen langmoutruie van ander skole mag gedra word nie.
Serp
Slegs die voorgeskrewe skoolserp mag gedra word. Die serp word by die skool gekoop en mag slegs saam met wintersdrag gedra word.
Sportdrag
Slegs voorgeskrewe drag wat by die skool se sportburo of Wierdapark uitrusters kan word. Geen afwykings word toegelaat nie.
DOGTERS
SEUNS
Hemp
Somer: Voorgeskrewe ligblou kortmouhemp. Geen langmouhemp. Dasse is opsioneel saam met somersdrag vir alle leerders.
Winter: Voorgeskrewe ligblou langmouhemp. Hemp moet altyd ingesteek wees. T-hempies mag nie onder die skoolhemp gedra word indien dit by die nek of moue uitsteek of deurskyn nie.
Matrikulante dra wit hemde.
Somer: Voorgeskrewe ligblou kortmouhemp. Geen langmouhemp. Dasse is opsioneel saam met somersdrag vir alle leerders.
Winter: Voorgeskrewe ligblou langmouhemp. Hemp moet altyd ingesteek wees. T-hempies mag nie onder die skoolhemp gedra word indien dit by die nek of moue uitsteek of deurskyn nie.
Matrikulante dra wit hemde.
Romp en langbroek
Donkerblou. Lengte in knielposisie
mag maksimum 10cm bokant die grond wees. Rompe mag nie in die middel omgevou word en mag nie afgewerk word nie. Voorgeskrewe donkerblou langbroek waarvan die pype nie afgestik mag word nie. Die broekspype se some mag nie losgetorring wees nie.
Somersdrag: Grys kort- of langbroek.
Langbroeke se pype mag nie nou of losgetorring wees nie.
Wintersdrag: Grys langbroek met voorgeskrewe kouse verpligtend.
Broeke mag nie op heupe hang nie.
Die dra van ’n swart of bruin gordel is verpligtend. Die gordel se gespe mag nie groter as die breedte van die gordel wees nie. Geen ornamentele gespes word toegelaat nie.
Skoene
Swart toeryg leerskoolskoene. Skoensole mag nie dikker as 8mm wees nie en daar mag geen gekleurde stiksel hoegenaamd op die skoen voorkom nie. Die tradisionele skoolskoen met bandjie word ook toegelaat.
Swart toeryg leerskoolskoene waarvan die veters moet vas wees. Skoensole mag nie dikker as 8mm wees nie en daar mag geen gekleurde stiksel hoegenaamd op die skoen voorkom nie. Geen stewels, skerppuntskoene of aanglip skoene mag gedra word nie.
Kouse
Slegs voorgeskrewe donkerblou
skoolkouse. Matriekdogters dra wit kouse in die somer. Kort kouse vir somersdrag moet een maal omgevou en nie opgerol nie. Voorgeskrewe lang, donkerblou kouse vir wintersdrag. Geen sykouse toelaatbaar nie en geen kort kouse mag bo-oor of onder lang kouse gedra word nie. By langbroek moet blou skoolkouse gedra word.
Slegs voorgeskrewe grys skoolkouse met strepies op die omslag. By langbroeke mag slegs grys skoolkouse gedra word.
Haarstyle
Hare moet netjies wees. Hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak of gesny word. Slegs donkerblou, rooi, wit of bruin rekkies/knippies/ kammetjies of donkerblou linte mag gebruik word om hare vas te maak. Boskasie, frats haarstyle, gespuite en gepluisde hare word nie toegelaat nie. Hare mag nie onnatuurlik gekleur word nie en hare mag ook nie meer as een kleurskakering hê nie. Gekleurde haarslierte en “braids” is ontoelaatbaar. Kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie. Indien hare in nek vasgemaak word, mag rekke nie onder kraagrand wees nie. Haarstyle wat sig belemmer, word nie toegelaat nie. Lang hare mag nie net met knippies bo gehou word nie. Kopbande en “alice bands” moet effekleurig wees en mag slegs donkerblou, rooi of wit wees. Dit mag ook nie blomme of ander groot versierings hê nie. Kopbande mag nie breër as 3cm wees nie en mag nie oor die voorkop gedra word nie. Die hare moet kort wees om die ore en mag nie oor die ore gekam word nie. Die hare moet skoon en netjies vertoon. Slegs tradisionele haarsnitte word toegelaat. Geen “steps” word toegelaat nie. Hare mag nie gekleur word nie. Aan die agterkant mag die hare nie aan die kraag raak nie. Verder moet die hare egalig geskeer wees. Die lengteverskil van hare mag nie ekstreem wees nie. Die aanvaarbare lengteverskil is 3cm. Boskasies word nie toegelaat nie. Bakkebaarde mag nie langer wees as gelyk met die middel van die oor nie. Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak as dit vorentoe gekam word nie. Baarde en snorre is ontoelaatbaar. Geen haarrekke en knippies word toegelaat nie.
Algemeen:
Juwele en naels
Geen hangertjies of armbande word toegelaat nie, uitgesonder mediese hangertjies/armbande. Een goue/silwer seëlring word toegelaat en mag slegs aan die ring- of middelvinger gedra word. Een stel pêrel/goue/silwer knoppie- of ringetjie tipe oorbelle word toegelaat. Ringetjie se deursnee mag nie groter
as 1,8cm wees nie en geen knoppie met stene of patrone word toegelaat nie. Knoppies mag nie groter as 7mm in deursnee wees nie. Oorbelle mag slegs in die onderste gaatjies gedra word. Geen sierhorlosies mag gedra word nie.
Naels moet kort en skoon wees. Geen naellak of grimering word toegelaat nie.
Geen sigbare tatoeëermerke word by die skooluniform of sportdrag toegelaat nie.
Geen ringe, hangertjies of armbande word toegelaat nie (mediese hangertjies/armbande uitgesonder). Geen ander kledingstukke behalwe amptelike skooldrag mag sigbaar gedra word nie.
Geen sigbare tatoeëermerke word by die skooluniform of sportdrag toegelaat nie.
GELEENTHEIDSDRAG
Geleentheidsdrag, wat bestaan uit die informele gholfhemp/sporthemp en ʼn denim, word by sekere toeskoueraktiwiteite en informele dae soos lentedag, asook op spesifieke dae soos deur die skoolhoof aangekondig, gedra. Die geleentheidsdrag moet lei tot netheid en eenvormigheid onder die leerders by bogenoemde geleenthede.
Vanaf 2019 word die huidige “Zwarrie Gees” gholfhemp met die skool se amptelike sporthemp vervang en gaan die sporthemp dan voortaan as geleentheidsdrag ook dien. Hierdie oorskakeling gaan vanaf 2019 ingefaseer word en die sporthemp gaan verpligtend wees vir alle gr. 8-10 leerders, maar die graad 11-12 leerders kan self die keuse uitoefen of hulle steeds die huidige gholfhemp wil dra of ʼn sporthemp wil koop.
Geen gr. 11-12 leerder staan onder verpligting om die sporthemp aan te koop as hulle nie reeds in besit van ʼn sporthemp is nie. Die sporthemp kan slegs by Wierdapark Uitrusters gekoop word.
RIGLYNE VIR GELEENTHEIDSDRAG:
Alle voorkomsreëls rakende grimering, juwele, haarstyle, snorre en baarde is steeds geldig op dae
wat geleentheidsdrag gedra word.
Indien ʼn T-hemp onder die hemp gedrag word, mag dit nie sigbaar wees nie.
Die gholfhemp se moue mag nie opgerol wees nie en die kraag word ook nie opgeslaan nie.
'n Vollengte, driekwart of knielengte donkerblou denimbroek word saam met die gholfhemp gedra.
Die voorgeskrewe styl is ʼn netjiese, gemaklike denim. Geen “skinny jeans”, “baggy jeans” of “low rise”
snitte word toegelaat nie. Die denim moet geen gate, skeure, rafels, borduursels, vlekke, bleikmerke
of dergelike versierings hê nie.
Indien ʼn gordel gedra word, mag die gespe nie groter as die gordel wees nie. Ornamentele gespes
word nie toegelaat nie.
Netjiese tekkies of skoene sal bogenoemde komplimenteer. Netjiese plakkies of sandale is ook
toelaatbaar.
Indien ʼn leerder nie die korrekte drag het, hierdie drag wil dra nie, of onseker is, sal volle skooldrag
die enigste alternatief wees.
Indien dit koud is, mag die “pull over” of skoolsweetpakbaadjie saam met die geleentheidsdrag gedra word.
Leerders wat nie aan hierdie bepalings voldoen nie, sal huis toe gestuur word om volgens die
bogenoemde riglyne te gaan aantrek. Hierdie leerder kan ook die reg verbeur om weer geleentheidsdrag te dra.
ONTHOU! Geleentheidsdrag is ook deel van die skooluniform en die netheid van ons Zwarrie-leerders moet ten alle tye aandag geniet.
SKOOLDRAG: LEWERANSIERS
Maretha’s Skool uitrusters
Clubviewsentrum, h/v Lytteltonweg & Adam Tas weg, Clubview
Tel: 012 660 1118
Wierdapark Uitrusters
Winkel no. 262, Caltexgebou, h/v Willem Botha & Springbokstr, Wierdapark
Tel: 012 654 9600
SKOOLBELEIDE
SOSIALE BELEID:
Eerstens moet daarop gelet word dat die internet per definisie ’n openbare medium van kommunikasie (en publikasie) is. Aangesien die sosiale media op hierdie basis funksioneer, word kommunikasie wat deur middel van die sosiale media geskied, deur die reg as publieke uitlatings geag.
Dit dek ook alle kommentaar wat op Facebook of Twitter geskryf word, selfs waar toegang tot die individu se profielbladsy beperk word deur die gebruiker. Dus: die feit dat slegs vriende van die gebruiker kan lees wat hy/sy op Facebook skryf, beteken nie dat die gebruiker in ’n privaat of vertroulike gesprek gewikkel is nie. Die blote feit dat een ander persoon benewens die skrywer kan lees wat die gebruiker op Facebook (of enige ander soortgelyke diens) publiseer, is voldoende om daardie uitlatings as publieke kommentaar te klassifiseer.
Gevolglik kan enige gebruiker siviel en strafregtelik aanspreeklikheid gehou word vir uitlatings wat hy/sy deur middel van die sosiale media maak.
Die volgende vorms van ‘kuber wangedrag’ is verbode:
Die skep van onenigheid en die verspreiding van aanstootlike of krenkende materiaal: Opvoeders, nie-opvoeders en leerders mag nie rassistiese, lasterlike, seksistiese of pornografiese inligting versprei nie. Dit kom op ernstige wangedrag neer.
Neerhalende uitlatings: Opvoeders, nie-opvoeders en leerders mag nie neerhalende en aanstootlike boodskappe oor die skool, sy personeel of die leerders publiseer of versprei nie. ’n Oortreder kan daaraan skuldig bevind word dat hy/sy die skool se naam oneer aangedoen het, wat tot dissiplinêre optrede of regsaksie vir laster kan lei.
Enige uitdrukkings wat geweld aanblaas of haat bevorder op grond van godsdiens of etnisiteit word verbied.
Vertrouensbreuk: Opvoeders, nie-opvoeders en leerders mag nie die skool se inligtingstelsel of sosialemediaplatforms so gebruik dat dit die skool se vertroue skend nie.
Opvoeders, nie-opvoeders, leerders en ouers wat sosiale media vir amptelike en nie-amptelike doeleindes gebruik, behoort op die volgende te let:
Opvoeders, nie-opvoeders en leerders mag nie aan aanlynkommunikasie deelneem wat die skool se naam oneer kan aandoen nie.
Persoonlike besonderhede van opvoeders, nie-opvoeders, leerders en ouers mag nie bekend gemaak word nie. Opvoeders, nie-opvoeders, leerders en ouers behoort daarop te let dat die skool van tyd tot tyd foto’s op sosiale media tuistes kan deel wat gedurende amptelike skoolaktiwiteite geneem is. Mense kan dan ge-“tag” word. Gebruikers van hierdie sosiale media tuistes word aangeraai om hul sekuriteitstellings na te gaan indien hulle publikasies waarin hulle ge-“tag” is, wil hersien. Opvoeders, nie-opvoeders en leerders word aangeraai om ander gebruikers se toegang tot hul profiele te blokkeer, indien hulle nie sodanige ander gebruikers ken of met hulle geassosieer wil word nie.
Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir swak sekuriteitstellings op die sosiale media profiel van enige persoon wat aan die skool verbonde is nie.
Indien enige opvoeder, nie-opvoeder, leerder of ouer ’n opmerking, foto of video op enige sosiale media platform publiseer wat die skool se naam kan skade doen, en ’n verbintenis met die skool is bekend of word geïdentifiseer of aanvaar, sal sodanige opvoeder, nie-opvoeder of leerder onderworpe wees aan dissiplinêre en regsaksie. Regstappe kan gedoen word teen ’n enige persoon wat die skool se naam in gedrang bring.
Alle inligting wat gepubliseer word, moet akkuraat wees, en vertroulike inligting mag nie bekend gemaak word nie.
Kopieregwette moet nagekom word.
Verklarings in die media moet eers deur die beheerliggaam goedgekeur word.
HEKGELDE
By alle tuis atletiek- en wintersportbyeenkomste word ’n toegangsfooi van R 10,00 per persoon gehef. Zwarries is verplig om die byeenkomste in skooluniform by te woon. Leerders wat nie in skooluniform by byeenkomste opdaag nie, kan versoek word om die skoolterrein te verlaat. Leerders van ander skole in skooldrag geklee het gratis toegang. Laerskoolleerlinge en pensioenarisse geniet gratis toegang. Toegang vir motors is ook
R 10,00 per motor.
MONDSKERMS
Vir alle leerders wat hokkie speel, is dit voorskriftelik dat daar tydens alle oefeninge en wedstryde met mondskerms gespeel moet word. Waar spelers hierdie reël verontagsaam, is alle beserings hul eie verantwoordelikheid en is die skool van alle blaam gevrywaar.
ROOI VLAG BELEID
Leerders, ouers en toeskouers moet kennis neem van die rooi vlae wat by die sportvelde aangebring word wanneer daar krieket- en sagtebaloefeninge of -wedstryde aan die gang is. Dit dien as waarskuwing dat daar harde balle is wat beserings kan veroorsaak of skade aan voertuie kan aanrig.
TOER-/UITSTAPPIEBELEID
Toere en opvoedkundige uitstappies word gereël om aan ons leerders geleenthede te bied. Hiermee 'n paar reëls in dié verband:
Dit is die leerder se verantwoordelikheid om voor enige toer/uitstappie 'n vrywaringsvorm by die organiseerder in te handig. Nadat 'n leerder hom-/haarself bereid verklaar het om op 'n toer/uitstappie te gaan en dan nadat besprekings gemaak is, onttrek, is die voorskriftelike gelde steeds betaalbaar. Alle skoolreëls is op alle toere van toepassing. Ad hoc reëls wat deurgegee word en wat op die spesifieke toer/uitstappie van toepassing is, moet ook gehoorsaam word. Enige oortreding van reëls kan meebring dat ouers geskakel word om hul kind te gaan haal – ongeag die afstand of kan die kind via ander vervoermiddels met die ouers se toestemming huis toe gestuur word.
GROEPTAAKBELEID
Alle groepwerk word by die skool gedoen. Groepwerk aktiwiteite word ten minste drie weke voor die inhandigingsdatum aan leerders deurgegee. Nadat die aktiwiteit aan leerders deurgegee is, moet die groep ’n werksverdeling opstel waarna dit aan die onderwyser voorgelê word. Elke leerder doen sy/haar voorbereiding by sy/haar eie huis, waarna die samestelling van die taak by die skool gedoen word. Die werksverdeling word saam met die voltooide taak by die onderwyser vir assessering ingehandig.
Om die leerders se veiligheid te verseker tydens onderhoudvoering:
Leerders word versoek om net met mense in hul onmiddellike omgewing, soos in hul straat, onderhoude te voer. Alle onderhoude moet bedags in die teenwoordigheid van iemand wat die leerders vergesel, plaasvind. Leerders word aanbeveel om 'n minimum van 8 persone vir die onderhoudvoeringsproses te wees. Leerders word versoek om nie privaateiendom of onbekende plekke te betree om onderhoude te voer nie. Om die leerder se veiligheid te verseker behels behoorlike beplanning sodat die nodige toestemming vooraf verkry word om met mense onderhoude te voer. Leerders word versoek om lede van die gesin vooraf in kennis te stel van hul bewegings voordat die onderhoude gevoer word.
GEDRAGSKODE
Aanhef
As ouers, personeel en leerlinge van Hoërskool Zwartkop is dit ons missie om aan elke leerling die geleentheid te bied om in ʼn rustige, gestruktureerde en gelukkige milieu kwaliteit onderrig te ontvang, sodat leerlinge by hul skoolverlating ten volle- en sinvol voorbereid is op die volwasse wêreld wat betree word.
Binne ʼn raamwerk waar orde sal heers en gesag gerespekteer word, ervaar die jeug ʼn gevoel van geborgenheid en veiligheid. By Hoërskool Zwartkop, waar beide opvoeder én leerling hulle verbind tot die bevordering van ʼn positiewe leeromgewing en die aanleer – en toepas van selfdissipline, bied ons hierdie beskerming aan opvoeder én leerling.
Die klem by die daarstelling van beide die gedragskode én die dissiplinêre beleid, val op die vestiging van ʼn regverdige atmosfeer, waar opvoeders en leerlinge hul kan beroep op konsekwensie – en opvoedkundig-verantwoordbare gedragswyses.
Die samestelling van die gedragskode is gebaseer op die gepubliseerde Suid-Afrikaanse Skolewet wat deur die regering aanvaar is.
DIE GEDRAGSKODE
Die ondertekening van hierdie dokument verbind alle partye tot die beskerming van regte van opvoeders en leerlinge, asook die daarstelling van wedersydse respek tussen opvoeders, ouers en leerlinge, waarin samewerking en vertroue tussen alle partye sal seëvier tydens die leerproses.
As leerling van Hoërskool Zwartkop:
is ek ten volle toegewyd aan die ontwikkeling van my volle potensiaal, asook dié van ander, hetsy leerlinge, opvoeders of die breër samelewing;
erken ek die reg om onderrig te gee en te ontvang, sonder enige teenproduktiewe inmenging;
distansieer ek myself ten volle van alle vorms van vandalisme, geweld en ander soortgelyke onaanvaarbare gedragswyses in my skool;
aanvaar ek my verantwoordelikheid om ander toe te laat om ongestoord hul werk te kan verrig.
Verder onderneem ek, as leerling om:
my skool en skooleiendom, asook dié van ander, te respekteer en te beskerm;
my te bepaal by algemeen aanvaarbare skooldissipline en die toepassing van korrektiewe maatreëls, en dit te ondersteun en te onderskryf;
stiptelikheid na te streef;
voorgeskrewe voorkomsreëls na te kom;
respekwaardig op te tree in my handel en wandel met leerlinge en opvoeders;
huiswerk, klaswerk, toetse, eksamens en ander akademiese take te voltooi;
te help, waar ek kan, met die instandhouding en/of vernuwing van my skool.
Ek beloof om NIE:
my skuldig te maak aan enige vorm van intimidasie en/of viktimisasie van leerlinge of opvoeders nie;
dwelms of alkohol te gebruik of te versprei tydens skoolure of ʼn skoolaktiwiteit nie;
tydens skoolure, skoolaktiwiteite of in skooldrag te rook nie;
sonder verskoning en/of toestemming die skoolterrein tydens skoolure te verlaat, of afwesig uit klasse te wees nie;
die veiligheid of lewens van leerlinge of opvoeders op enige wyse te bedreig nie.
Bo alles, verbind ek my tot die nakom van die skoolreëls en die bevordering van die skool se beeld deurdat my optrede, gedrag en skoolwerk van so ʼn gehalte sal wees, dat dit die goeie naam van Hoërskool Zwartkop tot eer sal strek.
_______________________
Handtekening (ouer/voog)
_______________________
Handtekening (leerder)
TOESKOUERGEDRAGSKODE
By Hoërskool Zwartkop moedig ons alle toeskouers aan om die karakter en beginsels van sport by ons skool, hulle eie te maak.
Alhoewel ons die strewe van sportspanne om te wen ten volle ondersteun, besef ons ook dat wedstryde individuele vaardighede ontwikkel en dat deelname as sodanig ʼn opbouende ervaring vir almal behoort te wees.
In die lig van ons uitgangspunt, versoek ons al ons toeskouers en ondersteuners om asseblief die volgende in gedagte te hou:
Moedig u kind aan en beklemtoon die feit dat u kind altyd binne die reëls moet speel.
Respekteer die beslissings van die skeidsregter en wedstrydbeamptes, selfs al is dit verkeerd. Volg die regte prosedure en opper enige besware deur die regte kanale te volg. Indien ’n ouer of ondersteuner enige klagte het, moet dit op skrif of via e-pos aan die sporthoof gerig word. Bevorder agting en waardering teenoor beamptes, skeidsregters en helpers. Hulle is daar ter wille van u kind!
Verwerp en vermy vuil taalgebruik, onbeskofte gedrag en aggressie. Tree op as ʼn positiewe rolmodel vir jong spelers;
Wees ten alle tye bewus daarvan dat spelers op die veld deurentyd kennis neem van verbale of emosionele aggressie langs die veld, en dat dit die standaard van spel merkbaar kan beïnvloed;
Beklemtoon die positiewe en weerhou u om negatief te kritiseer of foute uit te wys wat deur ʼn speler of spelers begaan is – dis die afrigter se werk;
Gee erkenning aan uitmuntende spel aan spelers van beide spanne, ongeag watter span u ondersteun;
Onthou dat dit ʼn spel is en dat wen óf verloor ook dien as ʼn leerkurwe vir die spelers;
Om met eer en goeie sportmangees te verloor, is ʼn onontbeerlike faset in die ontwikkeling van ʼn positiewe houding en die wil om te wen;
Geen alkoholiese drank word by enige sportbyeenkoms toegelaat nie;
Ouers en ondersteuners moet tydens wedstryde binne die afgebakende gebied vir toeskouers bly;
Tydens halftyd is dit slegs die afrigter(s) se voorreg om met die span te praat.
Hierdie Toeskouergedragskode is in lyn met die waardes wat ons aan ons kinders wil leer.
Mag dit vir u aangenaam wees om saam met ons in Zwarrieland te kuier!
Om deel te neem, is goed.
Om te wen, is beter.
Om dit te geniet, die beste.
Om die Here te verheerlik, die "ultimate"!
ALGEMENE INLIGTING
Rapporte en oueraande:
Rapporte word vier maal per jaar aan die ouers gestuur. Die datums waarop rapporte uitgegee word, is in die skooldagboek gepubliseer.
Daar is ook twee oueraande gedurende die jaar waar ouers die geleentheid gebied word om skool toe te kom en nader kennis te maak met die hoof en die personeel. Sake rakende hulle kinders kan by hierdie geleentheid openhartig bespreek word. Leerders moet oueraande saam met hul ouers in volle skooldrag bywoon. Die datums waarop oueraande plaasvind, is ook in die skooldagboek gepubliseer.
Opening van die skool:
Die skool begin dwarsdeur die jaar om 07:25. Leerders tree Maandae en Vrydae in die vierkant aan. Op Dinsdae en Donderdae gaan leerders direk na hul voogklasse en op Woensdae word daar in graadgroepverband geopen.
Sluiting:
Die skool sluit vanaf Maandae tot Donderdae om 14:00, behalwe Vrydae om 13:45.
Laasgenoemde reëling is net 'n vergunning en hierdie reëling kan enige tyd opgehef word en kom die skool dus dan op Vrydae ook 14:00 uit. In die middae word afkondigings oor die interkom gedoen en word daar met gebed afgesluit waarna die leerders kan verdaag.
Buitemuurse aktiwiteite:
Leerlinge moet in oorleg met hul ouers besluit aan watter aktiwiteite hulle wil deelneem. Daar word van elke leerling verwag om aan een somer- en een wintersport deel te neem asook deelname aan ten minste een kultuur aktiwiteit gedurende die jaar.
Huiswerk:
Hier kry die leerling die geleentheid om te leer om selfstandig te werk. Dit is nie beperk tot skriftelike werk nie. Studie- en leerwerk is net so belangrik. 'n Pligsgetroue leerling sal nooit kan beweer dat hy/sy geen huiswerk het nie. Werk wat in die klas gedoen is, moet by die huis oorgegaan word om seker te maak dat die leerder dit verstaan en ken. Alle huiswerk moet in die skooldagboek ingeskryf word. Leerders word aangeraai om wyer te lees as hulle handboeke. Hier speel die Zwikimedia 'n vername rol.
Voogde struktuur en sielkundige hulp:
Noue samewerking tussen die huis en die skool is van die allergrootste belang. By die skool tree die onderwyser op as voog en bou voort op die fondament wat in die huis gelê word. Daar is ʼn graadvoog oor elke graadgroep aangestel wat in daardie betrokke groep leiding neem en oorhoofs toesien dat alle dissiplinêre-, administratiewe- en ander sake reg verloop. Elke leerder word in ʼn voogklas ingedeel waar die voogonderwyser 'n wakende oog oor die leerders van sy klas hou en algemene daaglikse administrasie behartig. Die voogonderwyser behou dikwels dieselfde groep leerlinge dwarsdeur hul hoërskoolloopbaan sodat hy/sy hulle goed kan leer ken.
Die dienste van ons skoolsielkundiges en jeugwerker is ook grootliks vir ouers en leerders beskikbaar.
Beursskema:
Daar is ʼn beursskema waarvolgens presteerders op akademies-, leierskap-, kultuur- en sportgebied beurse kan ontvang. Hierdie beurse is op ingeskrewe sowel as nuwe gr. 8-leerders (op grond van prestasies in gr. 7 behaal) van toepassing. Inligting is by die skool beskikbaar.
Jaarbeplanningsboek:
Alle leerders ontvang aan die begin van die jaar Hoërskool Zwartkop se jaarbeplanningsboekie. Dit is die amptelike skooldagboek waarin alle inligting (toetsdatums, eksamens, sportbyeenkomste, ens.) verskyn en word ook as 'n huiswerkboek gebruik. Die skooldagboek moet elke dag saamgebring word skool toe en ten alle tye beskikbaar wees. Indien ʼn leerder hierdie dagboek verloor, moet ʼn nuwe dagboek teen R120,00 by die finansiële kantoor aangekoop word.
SKOOLREËLS
Afwesigheid:
Leerders mag slegs weens siekte of weens 'n ander goeie rede van skool afwesig wees.
'n Leerder wat afwesig was, moet op die eerste dag wat hy weer die skool besoek, 'n brief van sy ouers bring waarin die rede van afwesigheid aangedui word. Die brief moet in die voogperiode aan die betrokke voogonderwyser gegee word. In geval van siekte wat langer as drie dae duur, moet die leerder 'n mediese sertifikaat aan die voogonderwyser voorlê. Dit is die leerder se eie verantwoordelikheid om werk in te haal. Waar toetse/eksamens gemis is, moet die leerder die mediese sertifikaat by sy/haar graadvoog inhandig. Die graadvoog hou kontrole oor die afwesighede tydens geskeduleerde toetse en eksamens en gee die name van leerders wat toestemming het om ʼn sieketoets/-eksamen te skryf aan die betrokke vakonderwyser.
Terrein verlaat tydens skoolure:
Niemand mag sonder verlof die skoolterrein verlaat nie, pouses ingesluit. 'n Leerder wat gedurende skooltyd die skoolterrein wil verlaat, moet gedurende voogperiode 'n brief van sy ouers/voog waarin die rede verstrek word, na die graadvoog neem. Die graadvoog sal dan 'n vorm aan die leerder oorhandig wat deur die betrokke vakpersoneel voltooi moet word by wie die leerder klas gaan mis. Op dié wyse kan die betrokke onderwysers met die leerder in gesprek tree en aantekeninge, huiswerk en dies meer deurgee en moontlike logistiese reëlings met die leerder tref. Nadat die leerder die vorm laat voltooi het, moet dit teruggeneem word na die graadvoog toe. Die graadvoog maak nou 'n inskrywing in die leerder se jaarbeplanner.
Hierna gaan die leerder na die sekretaresse in die algemene kantoor wat dit in 'n register aanteken. Die leerder kom op die betrokke tyd soos in die skrywe gestel, self uit na die voorportaal toe. Leerders kan nie oor die interkom geroep word nie. Ouer(s) of die wettige voog moet die leerder self in die voorportaal kom uitteken op die tyd soos in die skrywe vermeld. Wetgewing vereis dat die ouer/voog ook bewys van identiteit moet lewer deur middel van sy/haar ID dokument/kaart of bestuurderslisensie wanneer ʼn leerder by ontvangs uitgeteken word.
Besering en siekte gedurende skoolure:
Indien 'n leerder gedurende skoolure beseer raak of siek word, moet dit onmiddellik by die graadvoog gerapporteer word. Die graadvoog of kantoorpersoneel sal die leerder se ouers skakel indien nodig. Geen leerder mag sy ouers self skakel nie.
Skoolterrein:
Gedurende pouse word die leerders nie in die klaskamers of saal of op die stoepe toegelaat sonder verlof van 'n onderwyser nie. Niemand mag gedurende skooltyd by die fietsloodse, motorfietse en motors wees nie. Elke leerder is medeverantwoordelik om die klaskamers, stoepe en terrein netjies en skoon te hou.
Die geboue, meubels en apparaat moet opgepas en met die nodige respek behandel word. Geen vorm van vandalisme word toegelaat nie. Elke leerder is self vir sy eiendom verantwoordelik.
Indien 'n leerder een of ander artikel op die terrein optel wat aan iemand anders behoort, moet dit by die algemene kantoor ingegee word. Indien 'n leerder iets verloor het, kan navraag daaroor by die kantoor gedoen word.
Skooldrag:
Die voorskrifte ten opsigte van kleredrag en haarstyl moet stiptelik nagekom word. Leerders wat gedurende eksamentye die skool besoek, moet altyd in volwaardige skooluniform wees – al skryf hulle nie eksamen nie.
Tasse:
Slegs voorgeskrewe gewone skool-, seil- of leertasse met stewige afskortings word toegelaat.
Fietse en motorfietse:
Geen leerder mag met sy/haar fiets op die skoolterrein ry nie. Voor die ingange na die skool moet die leerder afklim en die fiets tot by die fietsloods stoot. Na skool word die fiets weer gestoot tot by die hek. Ook in die namiddae en saans met funksies geld hierdie reël en ook dan moet fietse in die fietsloods geplaas word. Motorfietse mag slegs by die voorgeskrewe parkeerplek geparkeer word.
Motors:
Geen leerder mag sonder skriftelike toestemming van die hoof 'n motorvoertuig op die terrein parkeer nie.
Busse:
Busreëls moet streng nagekom word. Verontagsaming van die reëls en enige wangedrag sal veroorsaak dat die leerling nie meer van busvervoer mag gebruik maak nie. Enige leerling wat op enige stadium die skool se naam in ʼn slegte lig bring deur bv. op 'n bus te rook of in ʼn bakleiery betrokke te raak, sal onmiddellik die voorreg verbeur om ooit weer op 'n bus te ry.
Selfone, oorfone en luidsprekers:
Selfone:
Die skool moedig nie die gebruik van selfone aan nie, alhoewel ons besef dat dit 'n nuttige hulpmiddel vir veiligheid is en om reëlings met ouers te tref. Daarom die volgende reëlings:
Geen selfone mag gedurende klastyd gebruik word nie. Geen oproepe mag ontvang word nie. Selfone mag dus net voor skool, pouse en na skool aan wees.
Leerders mag nie self hul ouers skakel om hulle by die skool te kom haal nie – dit sal deur die graadvoogde en administratiewe kantoor hanteer word.
Selfone is verbode in eksamenlokale.
Indien bostaande reëls oortree word, sal die selfoon deur die betrokke onderwyser afgeneem word en in die teenwoordigheid van die leerder by die algemene kantoor ingehandig word. 'n Vorm met die selfoonbesonderhede daarop aangedui asook die tyd en datum waarop dit afgeneem is, sal aan die leerder uitgereik word. Die sim-kaart mag nie verwyder word nie en die selfoon moet afgeskakel word. Die selfoon word geëtiketteer met die leerder se besonderhede daarop en word dan in die kluis bewaar. Die leerder kan die selfoon eers aan die einde van die skooldag terugkry met die toon van die vorm wat aan hom/haar uitgereik is en met die betaal van 'n R50-00 boete. 'n Kwitansie vir die betaling van die selfoonboete word uitgereik. Die geld word in 'n fonds gestort wat aan die einde van elke jaar vir 'n welsynsaak geskenk word.
'n Register van selfoonoortreders word ook gehou. Indien 'n betrokke leerder in een jaar meer as drie selfoonoortredings begaan, sal die selfoon vir 'n tydperk van sewe dae (sim-kaart ingesluit) in die kluis bewaar word en is 'n boete van R100-00 betaalbaar. Enige verdere oortredings kan op 'n dissiplinêre gesprek met die Beheerliggaam uitloop.
Oorfone en luidsprekers:
Geen oorfone of luidsprekers word hoegenaamd by die skool of by enige ander aktiwiteite van die skool toegelaat nie.
Indien ʼn leerder hierdie reël oortree sal die oorfone/luidsprekers gekonfiskeer word en dieselfde prosedure as vir selfoonoortredings sal gevolg word.
TOETSE, EKSAMENS EN PORTEFEULJE-OPDRAGTE
Geskeduleerde toetse word op Dinsdae en Donderdae, tensy anders vermeld a.g.v. aktiwiteite, gedurende voogperiode geskryf. Waar ʼn vak op ʼn Maandag ingeskryf is as Toetsweek, moet die betrokke vakonderwysers vroegtydig saam met die leerders besluit op watter dag in die betrokke week die toets tydens klastyd afgelê gaan word.
Die Gauteng Departement van Onderwys vereis dat leerders alle geskeduleerde toetse en eksamens moet skryf. ʼn Leerder wat ʼn toets- of eksamenvraestel misloop, of om een of ander rede nie skryf nie, sal geen punte vir daardie toets verwerf nie.
Die enigste verskoning wat as rede aanvaar mag word, is (1) siekte, waarvoor daar binne sewe dae ʼn mediese sertifikaat by die graadvoog ingehandig moet word, (2) dood van ʼn nabye familielid en (3) die deelname aan ʼn nasionale sport, waarin die land verteenwoordig word. In welke geval moet die leerder self by sy/haar graadvoog die nodige reëlings gaan tref. Die graadvoog hou kontrole oor die afwesighede tydens geskeduleerde toetse en eksamens en gee die name van leerders wat toestemming het om ʼn sieketoets/-eksamen te skryf aan die betrokke vakonderwyser.
Portefeulje-opdragte is departementeel voorskriftelik en word met dieselfde erns as toetse en eksamens bejeën.
Daar word van leerders verwag om by inhandigingsdatums te hou. Indien ʼn leerder nie ʼn taak op ʼn gegewe datum inhandig nie, word hy/sy met 20 % gepenaliseer. ʼn Z52 word voltooi en moet deur die ouer/voog geteken word. Die leerder ontvang ook ʼn pienk brief (rekordering van akademiese oortreding). Die leerder het vyf werksdae om die taak in te handig. Indien die leerder dan nie die taak inhandig nie, sal hy/sy geen punte vir die taak verwerf nie.
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SBA) EN PAT-TAKE
Die skoolgebaseerde assesseringstake en PAT-take berei jou voor vir die eindeksamen. Maak seker dat jy al jou take ingelewer het. Dit sal jou help om te slaag en goed te vaar. Onthou, as jy nie al jou PAT-take of SBA-take inlewer nie, sal jy ’n kode ‘999’ ontvang wat “onvoltooid” beteken. Jy sal nie saam met jou maats matrikuleer nie en jou naam sal nie in die koerant verskyn nie.
Geniet die uitdaging om jou kennis te laat toets en moenie paniekerig raak nie.
Zwikimedia:
Hoërskool Zwartkop spog met sy eie mediasentrum, die ZWIKIMEDIA, wat ʼn doeltreffende biblioteek- en inligtingsdiens, sowel as studiefasiliteite en konferensiefasiliteite aan leerders en personeel bied.
Rekenaars met internetfasiliteite en kleurdrukkers, asook ʼn fotokopieerder is in die Zwikimedia beskikbaar. Verskeie programmatuur soos Excel, Word en ander inligtingsbronne is tot die gebruikers se beskikking. Tye moet vooraf by die uitleentoonbank bespreek word vir rekenaargebruik. Boeke word elektronies uitgereik (DRIE per leerder vir ʼn tydperk van TWEE WEKE). Koerante soos die Beeld e.a. en verskeie tydskrifte is ook daagliks beskikbaar.
TYE:
Maandae – Donderdae: 10:00 – 16:00
Vrydae: 08:00 – 14:00
SLUITKASSIEBELEID