EersteJaars-AfskopKamp is 'n kamp vir studente wat hope pret inhou, en op dieselfde tyd studente die geleentheid gee om vriendskappe te vorm, uit te vind oor studentwees en te groei in hul geloof.
Die kamp word aangebied deur die Gereformeerde Kerk Brooklyn en die Hervormde Kerk Philadelphia. Beide die kerke is op die voorstoep van die Universiteit van Pretoria.
Baie studente vind ook hul gemeenskap in een van hierdie twee kerke na afloop van die kamp en het dan 'n vaste, gesonde fondasie terwyl hulle swot.
Studente kan deelneem in studierigting-gesprekke, waar hulle opdeel in hul verskillende rigting waarin hul belangstel. Ouer studente sal dan gesprek lei deur raad te gee oor wat om te verwag, waar om handboeke aan te skaf en watter vakke moeiliker is as die res.
Dit is 'n kamp gevul met hope pret, hoop en motivering vir die jaar wat voorlê, want ons verstaan hoe stresvol 'n nuwe begin in 'n student se lewe kan wees.