MOET EK 'N EERSTEJAAR WEES OM OP DIE KAMP TE KOM?
Alhoewel hierdie kamp gefokus is op eerstejaar-studente, is ouer studente ook welkom om saam te kamp! Ouers studente sal dan groepleiers wees en speel 'n belangrike rol om raad en leiding te gee aan eerstejaars.
MOET EK IN DIE GEREFORMEERDE OF HERVORMDE KERK WEES OM SAAM TE KAMP?
Nee. Enige iemand is welkom.
WAT DOEN ONS OP DIE KAMP?
Op hierdie kamp sal jy 'n voorsmaakie kry van hoe lekker dit is om 'n student te wees. Om jouself te omring met studente wat dieselfde vrae en bekommernisse het as jy. Terwyl jy op dieselfde tyd inligting ontvang oor wat jy gaan swot en hoe om universiteit te benader. Die beste van alles is dat jy kan groei in geloof en jou nuwe lewensfase op die regte manier begin. Daar is hope pret soos volleyball, deurnagsokkie en vlotbou, maar ook genoeg aftyd om jou eie ding te doen en met mense te kuier.
MOET EK BY TUKS SWOT OM SAAM TE KAMP?
Nee. Alhoewel die twee kerke wat hierdie kamp aanbied, baie naby aan die Universiteit van Pretoria is, is enige student welkom. Ons het al baie studente van Akademia, Aros, TUT, Soltech en vele ander instansies gehad wat op hierdie kamp gaan.
WAT MOET EK DOEN AS EK NIE DIE INSKRYWINGSFOOI KAN BETAAL NIE?
Dit sal nie 'n probleem wees nie. Asseblief stuur vir ons 'n epos na eerstejaarsafskopkamp@gmail.com, dan maak ons gou 'n plan.