Evangelies Lutherse Gemeente
Die gemeente is gestig in 1905 deur Duitse sendelinge wat 'n geestelike tuiste gesoek het vir die groeiende Duitse gemeenskap in die omgewing. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit boere wat vir geslagte lank in die omgewing boer. Die Kerkgrond is aangelê op die plaas Hakboslaagte en bestaan uit die Kerkgebou self, begraafplaas vir gemeentelede, 'n saal, ruim pastorie, 'n skooltjie en 'n koshuis. Die skool en koshuis word tans gebruik as kamp- en konferensiegeriewe.
Die gemeentelede is hoofsaaklik Duitssprekend, maar eredienste word in beide Duits en Afrikaans aangebied. Die Duitse kultuur en etos is kenmerkend van die gemeente en gee dit 'n baie besondere karakter. Dit is n klein gemeente met n groot hart wat uitreik, help en versorg waar daar n behoefte mag ontstaan.
Evangelical Lutheran Congregation
The congregation was founded in 1905 by German missionaries who wanted a spiritual home for the growing German community in the area. The congregation consists mainly of farmers who have farmed in the area for generations. The church grounds were laid out on the farm Hakboslaagte and consist of the church building itself, a cemetery for congregation members, a hall, a spacious rectory, a school and a hostel. The school and hostel are currently used as camping and conference facilities.
The congregation members are mainly German-speaking but services are offered in both German and Afrikaans. The German culture and ethos are characteristic of the congregation and give it a very special character. It is a small congregation with a big heart that reaches out, helps and cares where a need may arise.