BEDIENINGS

“As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien.”  

1 Pet 4:10

Die Here roep ons om die kerk, en die wêreld, te bedien met sy "veelvoudige" (veelkleurige) genade. Daar is 'n veelvoud gemeete-aksies waardeur ons die wêreld kleur met God se liefde. Word deel van Christus se triomftog deur die wêreld! U word uitgenooi om die kontakpersoon by die aksies te kontak waarin u belangstel, of waarin u 'n gawe ontvang het. 


Barmhartigheidsaksies

Wonderboompoort is aktief betrokke by die volgende barmhartigheidsinstansies en projekte - finansieel en andersinds:

(Kliek op die instansies se name vir meer inligting:)

Een maal per jaar, gedurende Maart, neem ons die barmhartigheidsoffer op om hierdie werk moontlik te maak. Die bedrag wat so beskikbaar gestel word, is gewoonlik tussen
R80 000 en R100 000 per jaar. 

Hulp in die vorm van skenkings, kontant en nie bederfbare kos, asook mense wat kan help word altyd benodig. U kan die voorsitter van barmhartigheidskommissie kontak: Ds André Vivier * arvivier@gmail.com

Indien u finansieel wil bydra tot hierdie verdienstelike sake, kan u die gemeente se rekening gebruik met die verwysing: "Barmhartigheidsoffer"

NG Wonderboompoort, ABSA tjek 580198, Takkode: 632005

Krediet- of debietkaart betaling:
https://pay.yoco.com/ng-wonderboompoort

Wêreldsending

Jesus se laaste opdrag bly ons eerste prioriteit: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees..." Matt 28:19 

Wonderboompoort het `n hart wat warm klop om die goeie nuus van Jesus tot aan die uithoeke van die aarde te neem. Daarvan getuig die groot wêreldkaart voor in die kerk met die leuse: "Elkeen moet help sodat almal kan hoor"

Sedert 1996 bied ons jaarliks`n sendingfees aan waar ons dinamiese predikers en sendelinge, vanuit die uithoeke van die wêreld, nooi om te kom vertel van die groot dinge wat God doen. Die gemeente word jaarliks gevra om `n geloofsbelofteoffer te gee waarmee die gemeente verskeie sendelinge ondersteun. 

Benewens die sendelinge is die gemeente ook by verskeie sending- en barmhartigheidsinstansies betrokke, bv Nehemia Bybelskool, Heartbeat, World Thrust, Trans Wêreld Radio, en Geopende Deure om net 'n paar te noem.

Die fondse vir ons wêreldsendinguitreik kom van "geloofsbelofte-offers". Jaarliks in September word dié spesiale offer opgeneem. Die bedrag wat so beskikbaar gestel word vir wêreldsending beloop R200 000+. Lees meer waaroor dit gaan, en vul die vorm in as u deel wil wees om die wêreld vir Christus te wen:  

http://ng.wonderboompoort.com/GBO

Lees meer oor die 10 sendelinge by wie ons betrokke is...

SUID-AFRIKA:

Minky Mashego:


MADAGASKAR:

Meer as 30 000 kinders word deur CEF (Child Evangelism Fellowship) se werkers bedien van wie ons die volgende 5 ondersteun:

Lala:

Hanitra:

Domoina:


Video: Besoek aan CEF-werkers in Madagaskar

In 2006 het ons vir ons CEF-werkers gaan kuier in Madagaskar!  Kyk gerus die video om te sien hoe die kinders bereik word.


BELGIë:

Joh*** en Fo***

Die egpaar werk in Brussels waar hulle kontakte vestig onder die Christene en Muslim-gemeenskap. (Name verskuil twv veiligheid)


FRANKRYK:

Corneille en Sophie du Plooy:


FILIPPYNE:

Christo & Chungee  Vercueil:


PERU:

Hendrik en Ronel Groenewald:

Vrouediens

Alle vrouelidmate is eintlik outomaties deel van die Vrouediens en elkeen is baie welkom om betrokke te raak! Die gemeente is verdeel in 8 Vrouedienswyke, maar enigiemand is welkom om by enige ander wyk in te skakel. 

Elke wyk het haar eie Bybelse vrouenaam en 'n leidster en sekretaresse neem die leiding. Wyksleidsters reël 5-6 wyksbyeenkomste per jaar by iemand aan huis. Daar word ook 2-3 Vrouebyeenkomste per jaar in die kerksaal gereël waarheen al die vroue in die gemeente uitgenooi word, met 'n spreker oor 'n aktuele onderwerp.

Die jaarlikse Vrouekamp is altyd 'n hoogtepunt op die kalender! (Sien jaarprogram)

Die Vrouediens lewer diens op verskeie terreine. Behalwe die gereelde koppie tee Sondagoggende na die diens, word tee en toebroodjies ook verskaf met begrafnisse. Met doop- en Nagmaalsgeleenthede word blomme in die kerk voorsien, en met funksies soos die jaarlikse basaar beman die vroue die stalletjies. 'n Jaarlikse onthaal word vir al die senior burgers aangebied en die vroue is ook betrokke by al die ander barmhartigheidsprojekte van die gemeente (Abraham Krielkinderhuis, sopkombuis, Holy Cross Ouetehuis ens.)

Elke vrou in die gemeente is vir ons belangrik – jou spesiale gawes en talente kan op 'n besonderse wyse tot eer van die Here aangewend word. In wyksverband kan elke vrou deel vorm van 'n vriendekring wat nie net lekker saam werk nie, maar ook regtig vir mekaar omgee, mekaar bemoedig en in mekaar se lief en leed deel. Indien jy nog nie inskakel nie, kontak gerus vir Juckie de Vos ( juckiedevos@gmail.com )

Naaldwerkklas

In samewerking met die CMR het 'n aantal dames in die gemeente hulself beskikbaar gestel om kliënte van die CMR, een of meer werksvaardighede te leer.  Indien u wil inskakel en so 'n wesenlike verskil maak in die lewens van vroue wat werklik swaar kry, kontak gerus vir Juckie de Vos (juckiedevos@gmail.com). Al is u net deel van die span wat op 'n Dinsdagoggend iets te ete bring vir dié dames, sal dit van groot hulp wees. 

Gemeentebiblioteek

Die gemeente biblioteek is 'n inisiatief van die Vrouediens. Die Vrouediens borg  vrouetydskrifte soos Lééf en Finesse wat gratis in die biblioteek uitgeneem kan word. Geestelike boeke, veral talle Bybelse romans, boeke oor die huwelik en vir gesinne, cd's, en dvd's kan gratis uitgeneem word. Die biblioteek is elke Sondagoggend na die oggenddiens oop. Kontak gerus Juckie de Vos: juckiedevos@gmail.com

Kaartjiebediening

Ook 'n Vrouediens inisiatief! Handgemaakte kaartjies word op 'n gereëlde basis gemaak en voorsien om siekes en bedroefdes in die gemeente te bemoedig. Kaartjies word ook vir ander geleenthede gemaak, soos onder meer vir die senior burger onthaal, die weduweeklub , Kersfees en verjaarsdae ens. Van die handgemaakte kaartjies word ook in die biblioteek verkoop om die bediening mee te befonds. (Kontak gerus vir Geraldine Grobler as jy betrokke wil raak 072 688 6252).

Weduweeklub

Die weduweedames van die gemeente kom die afgelope paar jaar elke 1ste Woensdagoggend van die maand 11:00 bymekaar om lekker te gaan saam eet. Daar bestaan 'n spesiale band tussen die dames en hulle kuier gesellig saam en ondersteun mekaar op 'n besonderse wyse. Kontak Alta Visser vir meer inligting 082 601 9181.

Weeklikse Bybelstudies

Daar is twee Bybelstudies gedurende die week: Woensdae (9:30 -10:30) aangebied deur ds De Vos en Donderdae (9:30 -10:30) aangebied deur ds Kritzinger). Niemand is te jonk of te oud om te leer of geestelik te groei nie! Kontak gerus een van die leraars vir meer inligting. 

Gebed- en Omgeebediening

Psalm 88:2-3 "Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep."

Daar is `n gebedspan in die gemeente wat gebedsversoeke hanteer. Indien u anoniem wil bly is dit geen probleem nie en u saak sal op dieselfde wyse aan die Here opgedra word. Whatsapp gebedsversoek aan Marie Morton 078 745 5697.

Indien u betrokke wil raak by hierdie bediening, kontak asb vir Marie Morton 073 167 4657 of ds Naudé Kritzinger 084 505 6567. 

Kinders en Jeug

Die kinders en jongmense in ons gemeente word op verskeie manier bedien en betrek. 

Daar is 'n kleuterkerk (2-5 jaar) tydens die oggenddiens (9:00-10:00)

Die juniorjeug (Gr 1 - 6) se bespreking en aktiwiteite vind in die saal plaas na die oggenddiens vanaf 10:15 tot 11:00. 

Die seniorjeug (Gr 7 - 9) is deel van die aanddienste (18:00) en groepbespreking vind plaas na die diens. Ons verdaag nooit later as 19:30 nie.  

Die groep "Rooted" (matrieks en naskool jeug) funksioneer as ‘n kleingroep. Hulle kuier saam na die aanddiens en het ook 'n kleingroepbespreking op Dinsdagaande.

Die aanddienste (18:00) word hoofsaaklik op die jeug gefokus. Almal is egter welkom om hierdie dienste by te woon. Die aanddienste en kategese is geïntegreer in een ontmoeting. Na die lofprysing word 'n boodskap of tema ingelui, waarna die kinders om 18:50 verdeel in hulle klasse waar die tema verder voortgesit word. Ons verdaag gewoonlik tussen 19:15 en 19:30

Kliek hier vir die Jeug se FACEBOOK bladsy!

Kleingroepe

Daar is tans 6 kleingroepe wat weekliks byeenkom. 

U word hartlik uitgenooi om saam met ons die gemeenskap van die gelowiges te kom ervaar. Die kleingroepe is by uitstek die plek waar ons mekaar versterk in die geloof, mekaar ondersteun, mekaar koester en ook saam soos `n familie word.

Kontak ds De Vos vir meer inligting: whdevos@gmail.com

Jerigo Mannebediening

Ons het 'n dinamiese mannebediening wat inisiatief neem op verskeie terreine in die gemeente, hetsy dit is om 70km in die Drakensberg te gaan stap om kospakkies in te samel vir Minky se bediening, en of dit is om 'n stalletjie of twee by die basaar te beman. 

Kontak Reg Gouws vir meer inligting: 0823369123 of besoek hulle Facebookblad: https://www.facebook.com/groups/Jerigo

Musiekbediening

1 Kronieke 25:1 "Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Herman en Jedutun vir `n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree."

Kliek op die link om na ons sanggroep se saamsing-YOUTUBE-kanaal  

"NG WONDERBOOMPOORT GEMEENTESANG" te gaan.

http://ng.wonderboompoort.com/gemeentesang