oop hande wat gee, wat uitgesteek word om te help; ondersteunende hande; hand van welwillendheid, openhartigheid en vriendelikheid. Uiteindelik is dit God se hande wat sigbaar word in hierdie wêreld, deur ons hande.
Die Kruis
vorm die fokuspunt, die middelpunt, die genade waaronder ons leef en ook die herinnering dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het.
Die Mense
sien die eensames, misdaad geteisterdes, hongeres, dakloses,treurendes en alle seer mense om ons raak, ja en onthou dat ons Jesus se hande hier op aarde is.
En so rig ons
hier in Suider Afrika, en in Mountain View/Suiderberg – ook ons oog op die kruis; dra ons die kruis, bring ons hoop en maak ons `n verskil -omdat ons leef onder en vanuit hierdie Kruis.
Gemeentefokus 2019
Die kerkraad het tydens ons beplanning einde Oktober diep onder die indruk gekom om weer by die Here stil te word en te luister wat Hy vir ons gemeente, en elkeen persoonlik, wil sê.