Het u geweet dat Artikel 126 (1)(a) van die Kinderwet, Wet 38 van 2005 soos gewysig bepaal dat voordat enige individu toegelaat word om te werk of toegang tot kinders te hê, hetsy in Kinder- en Jeugsorgsentrums, skuilings, KERKE en selfs skole, die persoon wat die inrigting bestuur, verplig is om vas te stel of daardie persoon se naam in Deel B van die Kinderbeskermingsregister voorkom of nie.
Individue wie se name in Deel B van die register verskyn, word onder geen omstandighede toegelaat om te werk of toegang tot kinders te hê nie en die persoon wat die instelling bestuur, kan verantwoordelik gehou word wanneer hy so 'n persoon in diens neem.
Ek besef wanneer u hierdie lees kan daar ʼn totale gevoel van algehele moedeloosheid oor u toesak. Ons is hier om die proses so pynloos moontlik te maak.
Die DPS Huise kan u hiermee behulpsaam wees. ’n Administrasie fooi van R90 per aansoek verbonde aan die siftings proses word aan gemeentes wat dit kan bybring voorgestel, maar vanweë die erns van die saak is die die DPS Huise bereid om hierdie diens gratis beskikbaar te stel indien nodig.
Indien u asook van u kategete van hierdie diens gebruik wil maak word die volgende benodig:
Voltooide Vorm 30 aansoek (Sien hier onder)
Gewaarmerkte afskrif van Identiteitsdokument. Indien die persoon oor ʼn ID kaart beskik, moet beide die voor asook die agterkant op die gewaarmerkte afskrif verskyn.
Merk duidelik op die aansoek van watter Gemeente u is.
Vertroulikheid word gewaarborg.
Vir enige verdere navrae is u welkom om my te kontak Suzanne van Deventer by 066 477 8904.
Indien u die bogenoemde dokumentasie voltooi en versamel het, stuur dit asseblief per e-pos aan Suzanne van Deventer: