Doel: Kry insigte direk vanaf kinders oor wat hulle van kategese en ander jeug-aktiwiteite verwag.
Aksies:
Reël interaktiewe fokusgroepe en aanlyn-opnames.
Werk saam met jeugleiers om ’n kindervriendelike en betroubare metodologie te ontwikkel.
Kort video formaat → TikTok, Instagram
Direkte kommunikasie → Whatsapp
In persoon verhoudingsbou om effektiwiteit van digitale kommunikasie te verbeter
Kort, kragtig en eerlik
Nie te formeel nie
Direk
Boodskappe veel eerder as e-posse (vir die wat fone het)
Jong mense het hulle eie taal; eie kultuur
Bewussyn en respek hiervoor is baie belangrik
‘n Mens moet verstaan waarmee jong mense hulle self besig hou, waaroor hulle besorg is
Skep ‘n veilige digitale spasie waar groepe saam kan kommunikeer
Stel persoonlike verhoudings so dat daar veilige spasies kan wees in individuele kommunikasie ook
‘n sterk digitale teenwoordigheid, waar daar gereeld kommunikasie is, gereeld inligting, dalk selfs vermaak, gaan vir die jeug bekend stel aan die feit dat daar iets is om te kom beleef, iets is om te kom vind
NB: persoonlike verhoudings moet die basis van enige interaksie wees, sonder persoonlike verhoudings is daar nie konneksie nie, is daar nie belangstelling nie.
Dit is baie belangrik om die kulturele konteks van Suid-Afrikaanse kinders/jongmense in ag te neem. Daar is baie waardevolle Westerse hulpbronne, maar om bloot ‘n ander kultuur in SA konteks te stoot blyk nie ‘n effektiewe strategie te wees nie.
Die idee rondom die behoeftebepaling gaan juis daaroor om by die kinders/jeug self uit te vind waar hul behoeftes en gedagtes lê. Daarom dan, wanneer daar behoeftes bepaal word, hou die volgende in gedagte:
Luister aktief
Voer die gesprek aandagtig
Bou verhouding met die ouer(s)/voog(de)
Wees bewus van hul sosiale en digitale wêreld
Vorder anonieme vraagstukke in