Meet your local Church council

Your local church council

Wanneer ‘n mens ‘n dankbare terugblik neem oor ‘n periode van byna 30 jaar, dan gee jy onmiddellik eer en dank aan God vir sy verbondstrou aan sy verbondsvolk. Terselfdertyd gee ons erkenning aan voorgangers in diens van die Here, onder andere leraars, ouderlinge en diakens, toegewyde mans en vroue en jongmense wat met soveel onverskrokke ywer ‘n betekenisvolle bydrae in die Wyksgemeente gelewer het.

Onvergeetlike momente, as komende van God, het inderdaad ons gemeente elke dag gedra. Ja, Wyk Silversands het voorwaar geestelike droogtes en krisisse beleef, maar die oorwinnings en geestelike hoogtes was veel meer as laagtepunte.

Deesdae kyk ons positief vorentoe met optimisme en geloofsverwagting, wetend dat God trou bly aan al Sy beloftes. Hy wie ons die afgelope dertig jaar gedra en gelei het, sal ons ook triomferend en oorwinnend die nuwe era indra.

Die huidige Wyksbediening en funksionering van die Kerkraad sien tans soos volg uit. Die Wyk is tans in 5 Areas is gedeel en word bedien deur ‘n Ouderling en Diaken.


Br. Jeremy (Area 1)

Sr. Arries (Area 1)

Sr. Meyer (Area 1)

Br. Stander (Area 1)

Sr. Piedt (Area 2)

Sr. Thomas (Area 2)

Br. Roberts (Area 2)

Br. Hendricks (Area 2)

Br. Jasson (Area 3)


Br. Lodewyk (Area 3)


Br. Marinus (Area 3)


Sr. Martin (Area 4)


Br. Suman (Area 4)


Br. Fortuin (Area 5)


Br. Witbooi (Area 4)