Search this site
Embedded Files
Vrolike Vaaltyn en sy verhale Bestelling

Kliek hier om 'n besteling te plaas.

Algemene vrae en Inligting.


Waaroor gaan die boekie?

Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste - hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! In die rivier.

Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat. Al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland.

Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales. Dit is ‘n vrolike boekie vol prettige illustrasies vir voor- of self lees en behoort in ‘n wye verskeidenheid lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ‘n ma vir haar kinders uitgedink en vertel.


Hoe kan ek die boekie in die hande kry?

Daar word gebruik gemaak van die PAXI aflewerings dienste. Ons vind PAXI as goedkoop en betroubaar. PAXI punte is beskikbaar by Shoe City, PEP Home en TekkieTown.

Hoe lank gaan dit neem vir my om die boekie te ontvang?

Sodra die boekie betaal is en die bewys van betaling ontvang is sal die boekie verpak en versend word. Boekies word elke Woensdag en Saterdag vanaf ‘n PAXI punt versend. Sodra die boekie ingegee is by die punt neem dit 7 - 9 besigheids dae vir U om dit te ontvang. U sal ‘n sms ontvang met die spoornommer van die pakkie en die eindbestemming sowel as teen watter datum dit verwag kan word, daarom is selfoon nommers uiters belangrik.

Hoe weet ek waar my pakkie is?

‘n Sms sal ontvang word met die indien van die pakkie, koerier wat die pakkie oplaai by PAXI versendings punt, koerier wat die pakkie aflaai by PAXI bestemmings punt en laastens wanneer U die pakkie ontvang.

Is die boekie beskikbaar in winkels?

Nee, die boekie is slegs hier beskikbaar en word deur die skrywer se familie versprei wat alle wins aan Solidariteit se Kinderfonds skenk.


Is daar ‘n reeks van die boekie?

Ja. Boek 1 is klaar gedruk en is ongelukkig net eenmalig gedruk, waar boek 2 nog gedruk word en nog nie beskikbaar is nie.


Vir watter ouderdomme is die boekie geskik?

Die boekie kan voorgelees word vanaf 18 maande. Die boekie kan gebruik word vir self lees vanaf Graad 2.

Hoeveel stories is daar in die boekie?

Daar is 7 stories in die boekie, met baie mooi kinderlike illustrasies wat die donkies se manewales voorstel.

Om ‘n besteling te plaas voltooi asb. die bestelvorm hieronder.

Bestelvorm: Gebruik die skakel om te bestel.

Vir enige verdere navrae kontak asb. vaaltynverkope@gmail.com

Google Sites
Report abuse
Page details
Page updated
Google Sites
Report abuse