“Children use play to communicate
their thoughts and feelings.
Everyday language,
which is the language of thinking,
is not the natural language of feeling
for children.
Their natural language of feeling
is that of image and metaphor.”
G. L. Landreth (2012)
Wat is Speelterapie?
Speelterapie is gebaseer op die feit dat kinders hulself natuurlik uitdruk deur te speel. Kinders sukkel om in ‘n moeilike situasie te praat oor hul gevoelens, en begin dan speel. Dit kom vir hulle natuurlik.
Die kind kry ‘n “spesiale speeltyd” wat weekliks plaasvind op dieselfde tyd en plek, met geen onderbrekings. Alles wat gesê en gedoen word bly konfidensieel, behalwe as die terapeut vermoed dat die kind nie veilig is nie.
Waarmee kan Speelterapie help?
Speelterapie help enige kind wat:
Nie sy /haar volle potensiaal op sosiale of akademiese gebied besef of uitleef nie.
Nagmerries kry of versteurde slaappatrone het.
Moontlike skorsing of uitsluiting in die gesig staar.
Trauma beleef het.
Emosionele, fisiese of seksuele mishandeling beleef het.
In versorging geplaas word.
Skeidingsangs beleef.
Sukkel met angstigheid, stress of fobies.
Verlies beleef of rou.
Moeilik vriende maak.
Gedurig in rusies betrokke raak/is met vriende of gesin.
Ander afknou of afgeknou word
Onaanvaarbare gedrag toon.
Glad nie speel nie.
Teruggetrokke en ongelukkig voorkom.
Sieklik, gestremd, of outisties is
Ons is hier om kinders te help deur speel.
Ontmoet ons nommer 1 Speelterapeut
APAC/PTI/PTSA Geregistreerde Speelterapeut
Onderwyseres vir 38 jaar (B.A. & HOD)
Onderwyseres vir leerders met spesiale behoeftes (17jr)
Remediërende Terapeut (RO Diploma - Unisa)
B. Ed. Hon. in Opvoedkundige Sielkunde (Leerders met spesiale behoeftes)
Gesertifiseerde Filial Ouer Begeleier (PTI/PTSA)
Copyright 2024
Webmaster: Jan M de Beer