Kontak Besonderhede

Sel: 083 541 3680

Adress: Disasingel, Oakdale, BELLVILLE

HOEKOM DIE VOORTREKKERS?

Die storie van Die Voortrekkers is een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories wat vir langer as agt dekades geskryf word. Dit is ’n storie van deursettingsvermoë, van toewyding en opoffering. Dit is ’n storie van vrywilligers wat in hulle vrye tyd graadwielboeke en handleidings skryf, geboue en spankamers oprig en kampterreine ontwikkel. Dit is ’n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk. Dit is ’n storie van historiese feeste hou, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is ’n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe. Die Voortrekkerstorie vertel van innoverende planne, vars denke en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir ons taal, kultuur, ons kinders, maar bo alles, vir die Here. Ook is dit ’n storie van pret, kameraadskap en avontuur. Dit is ’n storie wat vandag steeds geskryf word. Die Voortrekkerstorie word deur dienende liefde geskryf.

AFRIKANERSKAP

BURGERSKAP

CHRISTENSKAP

SLUIT AAN BY DIE VOORTREKKERS!

LEER JOUSELF KEN

Ontdek jouself, wees jouself

WORD DEEL VAN 'N SPAN

Dit maak nie saak wat jou talente is nie - daar is altyd 'n plek vir jou by Die Voortrekkers!

ONTDEK DIE NATUUR

Uitstappies, kampe, staptoere, vlotvaarte, nagmarse - die lys hou aan!

TROTS AFRIKANERSKAP

Herontdek die skatkis van ons taal. Leer uit die verlede en bou die toekoms daarop!