Ons nooi ouers en voogde hartlik uit om aansoek te doen vir toelating tot Laerskool Ebenhaeser vir die 2026 akademiese jaar. Aansoekvorms kan hier afgelaai word in Afrikaans of Engels. Neem asseblief kennis dat alle aansoeke volledig voltooi en saam met die vereiste dokumentasie ingedien moet word. Aansoeke is onderhewig aan beskikbare plekke en die skool se toelatingsbeleid.