Bespreek jou plek hier onder.
As jy 'n impak wil maak op die lewens van Prinshof Skool se leerders koop NOU jou kaartjie vir 𝐃𝐢𝐧𝐧𝐞𝐫 𝐈𝐧 𝐓𝐡𝐞 𝐃𝐚𝐫𝐤, hulle jaarlikse fondsinsameling. Kaartjies is beskikbaar op quicket.co.za teen R600 - alles ingesluit!
Tik op die prentjie om jou kaartjies te koop.
Die Hervormde- en Gereformeerde gemeentes van Bronkhorstspruit het in 2000, twee stukke grond beskikbaar gestel vir die ontwikkeling van die Klipeiland Aftree Oord. Die doel daarvan was om wooneenhede vir afgetrede persone (by voorkeur vir lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Gereformeerde Kerk) op te rig en in terme van Die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, lewensreg ten opsigte van die eenhede te vervreem en sodoende inkomste te genereer tot voordeel van die twee gemeentes.
Daar is tans eenhede op herverkoop beskikbaar. Ons heg twee fotos met besonderhede hierby aan. Die versoek is dat u dit, tydens u afkondigings, vir 2 Sondae in die kerk vertoon. Ons dorp, Bronkhorstspruit is alom bekend vir sy aftree oorde en dalk is daar van u lidmate wat die rustigheid van die platteland wil
beleef.
Tik op die logo om na die sosiale blad toe te gaan.
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Oordenkings te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Bybelse Breinkraak te kyk.
Gedurende die laaste paar jare, het ons ervaar dat daar ‘n groter aanvraag na verassings is.
Begraafplase is besig om vol te raak en besoekers het begin onveilig voel om besoek daar te gaan aflê. Weens hierdie redes het die behoefte ontstaan om ‘n gedenkmuur by NHK Wapadrant op te rig.
Om jou nissie te reserveer , voltooi asseblief die volgende vorm.
Verstrengel
Volgens die HAT
Term: ver·stren·gel ww. [het verstrengel]
ineenstrengel; inmekaarvleg: Die toue/drade/wol het verstrengel (geraak). ♦ (ook figuurlik): emosioneel met ’n ander verstrengel raak • fantasie met die waarheid verstrengel in ’n roman.
► verstrengeling
Verwante woorde: aanmekaarvleg, deureenstrengel, ineen, ineenvleg, inmekaargevleg, inmekaarvleg, inspin, kompleks, saam, vasgevang, verstrik, vervleg, vleg
Verstrengelde tekste:
Kol 3:2 ”... julle lewe is saam met Christus verborge in God.”
Rom 8:38 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”
Joh 15:5 “Wie in My bly en Ek in hom...”
Rom 6:8 “Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.”
Joh. 14:20 “Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle”
Mat 25:40 “ Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”
Ons is dankbaar, dat ons diep verweef met die almagtige God is, wat op ’n komplekse misterieuse manier, deur Jesus Christus en die Heilige Gees, met ons verstrengel is.