Die tyd is weer hier, tyd vir die Kerk se Epic 80's Arcade aand!!! Soos elke jaar beloof dit om voort te bou op laas jaar se sukses met extra games en vermaak vir die aand so MOET dit nie misloop nie!!!
Almal is welkom van oud tot jonk! Ouers kan ook gerus die aand kom saam eet, daar gaan Carnival styl kos stalletjies wees om van te kies, so bring asb 'n geldjie saam. Popcorn en Slushy sal gratis beskikbaar wees.
Hierdie jaar is daar ook 'n LAN stasie (Bring jou eie rekenaar) en daarom vra ons dat almal asb, wanneer jy rsvp, sal aandui as jy saam gaan LAN, voorsiening word slegs gemaak vir die wat aangedui het.
Tyd: 18:00-21:30
Plek: die Kerk saal
Datum: Vrydag 11 April
Koste: R50p.p
Hierdie jaar beloof om 'n fees te wees so sien jou daar!!!
Kom kuier saam vir 'n smaaklike aand!
Die Tabitha’s nooi jou hartlik uit na ons jaarlikse Pik en Proe-aand op 17 Mei om 17:30 in die kerksaal.
👩🍳 Wat om te verwag:
✅ 'n Verskeidenheid smullekker voorgeregte, hoofgeregte en nageregte
✅ Tuisgemaakte disse – elkeen bring hul beste resepte!
✅ 'n Gesellige kuier saam met wonderlike mense
🎟️ Koste: R100 per persoon
💛 Fondse ten bate van: Bejaardesorg, kinderhuise en studente-studiefondse
Moenie hierdie spesiale aand misloop nie!
Onthou om eie drinkgoed en glase saam te bring. Beperkte plekke is beskikbaar, bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Sien jou daar! 🍷🍰
Tik op die logo om na die sosiale blad toe te gaan.
Hey julle, hoop almal is lekker excited vir more aand se Arcade aand en Sondag se kategese🥳🥳🥳
Volgende week skop ons weer af met dieSel. . . Onthou asb, hierdie kwartaal is dit elke 2de Woensdag💥⛽💥
Sien julle daar👊🏽😎
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Oordenkings te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Vers van die Dag te kyk.
Gedurende die laaste paar jare, het ons ervaar dat daar ‘n groter aanvraag na verassings is.
Begraafplase is besig om vol te raak en besoekers het begin onveilig voel om besoek daar te gaan aflê. Weens hierdie redes het die behoefte ontstaan om ‘n gedenkmuur by NHK Wapadrant op te rig.
Om jou nissie te reserveer , voltooi asseblief die volgende vorm.
Verstrengel
Volgens die HAT
Term: ver·stren·gel ww. [het verstrengel]
ineenstrengel; inmekaarvleg: Die toue/drade/wol het verstrengel (geraak). ♦ (ook figuurlik): emosioneel met ’n ander verstrengel raak • fantasie met die waarheid verstrengel in ’n roman.
► verstrengeling
Verwante woorde: aanmekaarvleg, deureenstrengel, ineen, ineenvleg, inmekaargevleg, inmekaarvleg, inspin, kompleks, saam, vasgevang, verstrik, vervleg, vleg
Verstrengelde tekste:
Kol 3:2 ”... julle lewe is saam met Christus verborge in God.”
Rom 8:38 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”
Joh 15:5 “Wie in My bly en Ek in hom...”
Rom 6:8 “Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.”
Joh. 14:20 “Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle”
Mat 25:40 “ Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”
Ons is dankbaar, dat ons diep verweef met die almagtige God is, wat op ’n komplekse misterieuse manier, deur Jesus Christus en die Heilige Gees, met ons verstrengel is.