Tik op die logo om na die sosiale blad toe te gaan.
Woensdag is daar weer dieSel🥳🥳🥳 en die keer gaan ons weer 'n bietjie fun he met pryse om te wenl!!!
Soos altyd sal daar lekker games, popcorn en slushy wees om te geniet so bring 'n pel en kom maak vol by die Kerk😎⛽💥
Onthou asb, hierdie kwartaal is dit elke 2de Woensdag💥⛽💥
Sien julle daar👊🏽😎
Kontak gerus vir Wilmeri Ehlers by 071 113 7249 vir meer inligting
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om die diens aanlyn te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Oordenkings te kyk.
Tik op die prent hieronder om na die Vers van die Dag te kyk.
Gedurende die laaste paar jare, het ons ervaar dat daar ‘n groter aanvraag na verassings is.
Begraafplase is besig om vol te raak en besoekers het begin onveilig voel om besoek daar te gaan aflê. Weens hierdie redes het die behoefte ontstaan om ‘n gedenkmuur by NHK Wapadrant op te rig.
Om jou nissie te reserveer , voltooi asseblief die volgende vorm.
Verstrengel
Volgens die HAT
Term: ver·stren·gel ww. [het verstrengel]
ineenstrengel; inmekaarvleg: Die toue/drade/wol het verstrengel (geraak). ♦ (ook figuurlik): emosioneel met ’n ander verstrengel raak • fantasie met die waarheid verstrengel in ’n roman.
► verstrengeling
Verwante woorde: aanmekaarvleg, deureenstrengel, ineen, ineenvleg, inmekaargevleg, inmekaarvleg, inspin, kompleks, saam, vasgevang, verstrik, vervleg, vleg
Verstrengelde tekste:
Kol 3:2 ”... julle lewe is saam met Christus verborge in God.”
Rom 8:38 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”
Joh 15:5 “Wie in My bly en Ek in hom...”
Rom 6:8 “Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.”
Joh. 14:20 “Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle”
Mat 25:40 “ Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”
Ons is dankbaar, dat ons diep verweef met die almagtige God is, wat op ’n komplekse misterieuse manier, deur Jesus Christus en die Heilige Gees, met ons verstrengel is.