In liefdevolle herinnering aan
~~~
In loving memory of
In liefdevolle herinnering aan
~~~
In loving memory of
(6 April 1936 – 15 Januarie 2021)
Pieter Eduard Loubser, bekend aan vriende en familie as Eduard, is op 15 Januarie 2021 op 84-jarige ouderdom oorlede ná 'n kort siekte. Hy sal liefdevol onthou word deur sy vrou Eline en hul vyf seuns Villiers, Melt, Eduard, Johannes, Louis, skoondogters, 14 kleinkinders, een agterkleinkind en al die ander mense wie se lewens hy aangeraak het.
Eduard, is op 6 April 1936 gebore as die oudste van Jacob Eliza de Villiers en Herculina Loubser se ses kinders. Hy het op die plaas Altona in die Philadelphia-omgewing grootgeword. Hy het sy skoolloopbaan by Paarl Gimnasium voltooi en deur Europa en Amerika gereis om meer oor progressiewe boerderymetodes te leer. In 1964, het hy die bestuur van boerderybedrywighede op Welgegund oorgeneem en in 1967 eienaarskap verkry. In Junie 1959 trou hy met Eline (gebore Louw) waarna hulle hulle op Welgegund gevestig het as die vyfde Loubser eienaar waar hy tot sy aftrede in 1997 gewoon het. Hoewel hy afgetree was, het hy elke dag om 07:30 by die plaas aangekom, gereed om die uitdagings van die dag die hoof te bied. Hy was tot sy dood ‘n integrale deel van Welgegund.
In 1955, het hy en sy pa 'n melkery op Welgegund begin. Sy visie en kundigheid in boerdery- en kommersiële bedrywighede het die besigheid ontwikkel tot 'n prominente kommersiële onderneming in die landbouarena. Eduard was passievol oor die boerdery op Welgegund - hy was n landbouer in murg en been. Hy het die plaaswerkers as deel van sy familie beskou.
In 1995 het Eduard en sy seuns Fair Cape Dairies begin, wat ontwikkel het tot 'n toonaangewende maatskappy in die sekondere suiwelbedryf. Hy het onvoorwaardelik van homself gegee en die belang van die groter prent voor enige eiebelang geplaas. – Gevolglik het die meeste van die 1,500 werknemers hom as 'n vaderfiguur beskou.
Eduard was een van die steunpilare in ons lewens en ons, as sy familie, treur oor sy dood, maar ons vind vertroosting in sy inspirerende nalatenskap. Ons prys Die Here vir sy lang en vervulde lewe. Die laaste 25 jaar van sy lewe het hy saam met sy 5 seuns gewerk. Wat ‘n unieke voorreg.
~~~
Pieter Eduard Loubser, known to friends and family as Eduard, passed away on 15 January 2021 at the age of 84 years after a short illness. He will be lovingly remembered by his wife Eline and their five sons, Villiers, Melt, Eduard, Johannes, Louis, daughters in law, 14 grandchildren, one great-grandchild and all the other people whose lives he touched.
Eduard, born on 6 April 1936, was the eldest of Jacob Eliza de Villiers and Herculina Loubser’s six children. He grew up on the farm Altona in the Philadelphia area. He completed his schooling at Paarl Gymnasium and travelled throughout Europe and America to learn more about progressive farming methods. In 1964, he took over the management of farming operations on Welgegund and acquired ownership in 1967. In June 1959, he married Eline (née Louw) whereafter they settled on Welgegund as the fifth Loubser owner where he lived until his retirement in 1997. Though retired, he arrived at the farm at 7:30am every day, and ready to tackle any problems that might present themselves. He remained an integral part of Welgegund until his death.
In 1955, he and his father started a milking parlour on Welgegund. His vision and expertise in farming and commercial operations, expanded into a leading commercial enterprise in the agricultural arena. Eduard was passionate about farming on Welgegund - he was a farmer to the very core of his being. He regarded the farm workers as part of his family.
In 1995, Eduard and his sons started Fair Cape Dairies, which developed into a prominent player in the dairy industry. He gave unselfishly of himself and put the interest of the greater good ahead of any self-interest. As a result, most of the 1,500 employees regarded him as a father figure.
Eduard was a mainstay in our lives and we, as his family, mourn his death, but we take comfort in the inspirational legacy he leaves behind. We will live in gratitude for his long and fulfilled life and thank Our Lord for that. The last 25 years of his life he worked hand in hand with his five sons. What a unique privilege.
Gedenkdiens vind plaas op Vrydag 29 Januarie 2021
Diens begin om 10:00
Gedenkdiens word regstreeks vanaf YouTube uitgesaai. Regstreekse uitsending begin om 09:40
~~~
Memorial service will take place on Friday the 29th of January 2021
Service will start at 10:00 am
Memorial service will be live streamed from YouTube. Live broadcast will start at 9:40 am