Vakatures
VAKATURE: Predikant/Proponent
Publikasie datum: 18 Maart 2024
VAKATURE: Predikant/Proponent (vaste termynpos vir drie jaar, met moontlike opsie om te verleng)
Gemeente profiel
Groenkloof is ‘n klein, pastorale grootte, een-predikant gemeente, teen die hang van Klapperkop in Pretoria.
‘n Groot deel van die gemeente is in die woonbuurt Groenkloof, wat as ‘n sekuriteitswoongebied afgekamp is.
Die gemeente is ‘n ouerwordende gemeente met ongeveer 190 lidmate (70 aktiewe bedieningspunte). Tans is daar min jongmense en kinders in die gemeente.
Die gemeente het ‘n familie-gevoel wat vir almal baie kosbaar is.
Daar is ses tuistes vir bejaardes in ons omgewing wat deel van ons gemeente se bediening uitmaak.
Daar is ‘n sterk behoefte om tot eer van God ook in die breër gemeenskap betrokke te raak.
Predikant profiel:
Gelegitimeerde predikant/proponent van die NG Kerk.
Bestuursvaardighede om geestelike leiding te kan neem in visionerings- en gemeentebouprosesse.
Bedieningsvaardighede om met alle ouderdomsgroepe te kan werk en goeie menseverhoudinge te kan handhaaf.
Spanspeler wat goed met kollegas moet kan saamwerk.
Eenwording:
Die gemeente is tans besig om eenwording met ‘n buurgemeente te ondersoek.
Taakbeskrywing:
Take ooreenkomstig Artikel 9 en ook relevante reglemente van die Kerkorde.
Vergoeding en ure:
Vergoeding en ure onderhandelbaar volgens Sinodale riglyne tot en met 50% van skaal 9.
Samestelling van TKVI (Totale koste van indiensneming) is onderhandelbaar.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel wees van ‘n volledige CV en moet die volgende insluit:
Werkgeskiedenis.
Besonderhede van drie referente wie ons kan kontak.
‘n Skakel na ‘n onlangse preek.
Stuur jou aansoek per epos aan: roelf007@gmail.com
Sluitingsdatum vir aansoek:
19 April 2024
Datum vir indienstreding:
So spoedig as moontlik
Navrae:
Roelf Opperman (Brugleraar) 082 335 1156
Andrè vd Vyver (Leierouderling) 083 412 0287
Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgawe van redes nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.