Guest Reviews:
"Sjoe gisteraand se kos was heerlik en die phyllo/spinasie gebak uit die boonste rekke. Well done" - Alna L.
"Kos was uit die boeke" - Hazel H.
"Dankie, dankie, dankie. Feedback van kos net amazing! Sommige sê die lam...ander weer rave oor die risotto. Dankie weereens vir als" - Elzeth.
"Dankie vir feesmaal" - Quinta.
"Dankie dankie. Kos was super lekker" - Alna L.
"Baie lekker kos gewees vannaand en BAIE" - Hazel H.
"Net weer hartlike dankie vir die heeeeerlike kos!! En al die skottelgoed was, ek kon my oë nie glo nie" - Quinta.
"Jacobus, jy het jouself WEEREENS oortref. Daai fillet was doeksag!! Heerlik geëet, dankie!" - Marliza.
"Jacobus, thank you thank you for an awesome and delicious meal today, your calm and professional attitude is outstanding...will definitely recommend you to all our mates" - Carol C.
"Kos was in oortreffende trap lekker" - Alna L.
"Baie dankie vir al jou moeite met die doopfunksie Sondag. Dit was 'n perfekte dag en heerlik geëet, Alles was keurig en goeie diens is gelewer" - Susan.
"Jou kos was regtig 'n fees Saterdag aand. Ons het nou al weer en weer daaraan geëet en dit bly steeds heerlik! Veral daai hoender en beetslaai was my heros!!" - Estelle W.
"Ons het gisteraand se kos verskriklik baie geniet. Dit was regtig lekker en die porsie grootte was perfek. Ons het al by 'n paar verskillende plekke klaar gemaakte aandetes probeer, maar ons het nooit meer as een keer by 'n plek bestel nie, want die kos was altyd vaal en smaakloos. Joune was 'n treat! En die presentation is ook baie spesiaal met die rosie wat jou op die pakkie gesit het. Op daardie noot, ons wil graag weer bestel" - Stephne R.
"Jacobus, my gesin het jou kos besonder baie geniet, die Hoofgereg was verskriklik lekker!" -Louis.
"Todays meal was awesome...steak done to perfection." - Janine S.
"Jacobus did our 20 year wedding anniversary for us last night at our home. He and his food is just magnificent! Always a joy to have him and his fantastic food over." - Leoni V.
"Absolutely fabulous food!! Well presented and very tasty! Will definitely order again!" - Riana G.
"We received our first order form Jacobus on Wednesday - the Carbonara with Chorizo and the Bobotie. We as a family was so very much impressed. The meals were beautifully presented with an eye for finer detail. The meals were definitely prepared with with love and patience. The Carbonara was Italian restaurant quality. The Bobotie was our favourite - full of flavour and plump raisins. We will order again soon!" - Kara-Mari C.
"Wil net weereens vir jou dankie sê. Dink ek het min of meer 'n mini senu ineenstorting gehad Saterdag aand. Als het so goed uitgewerk vir 'n troue wat in 'n week gereel is. Almal het baie komplimente vir jou kos gehad, Baie, baie dankie. Sonder jou was dit nie moontlik nie." - Hazel H.
"Well done - jou kos was regtig super." - Ronel B.
"Jy was 'n ster! Die kos was heerlik en die diens puik, Baie dankie." - Renata S.
"Baie, baie dankie vir jou moeite en ongelooooooflike lekker kos gisteraand. Deur die bank praat die mense in hul boodskappe van hoe heerlik hulle geëet het, en die pescatarians rave ook (om nie eens van die Williston-boerseun te praat wat die laaste stukkie vis geneem het nie!) Ons waardeer dit regtig en jou yslike bydrae om die aand so 'n groot sukses te maak." Egbert dW.
"Baie baie dankie vir die heerlike kos. Dit was so vars en keurig voorberei. Almal het heerlik gesmul en lekker kos dra by tot die atmosfeer van die funksie. Nogmaals dankie vir al jou moeite. Waardeer baie." - Susan JvR
"Jacobus, die kos was uit die boeke!! Dit was super lekker, dankie! Jy mag maar!." - Riana G
Thai green guacamole with crispy cheese straw.
Dark chocolate & coffee mousse.
Canape selection.
Salmon & cream cheese finger sandwiches, Rare roast beef baguettes.