4 Slaapkamers, 3 Dubbelbeddens
3 Storte, 1 Bad
Oond, Stoof, Mikrogolf-oond
Meters van die strand
Braai op die reuse stoep
Kinders welkom
Swem, duik
Wandelpad op die berg
Gholf (Fynbos)
Die beste deel van Alkantmooi is die privaat en afgeleë ligging. Die enigste manier om daar te kom is met ‘n 10km grondpad wat ongelukkig soms in ‘n slegte toestand is. Die naaste piepklein dorpie (Kareedouw) is 20km weg. Die naaste groot dorpe is Jeffreysbaai (75km) en Plettenbergbaai (100km). Die naaste winkel is ‘n padstal 10km weg. Dit is daarom belangrik om te dink oor kruideniersware, jy kan ‘n paar noodsaaklike goed sommer met die aankoms saambring of beplan om so gou moontlik ‘n besoek aan Kareedouw in besigheidsure te maak.
ellasmith1964@gmail.com
Swem, surf, boogy board, duik
Gholf (Fynbos), Visvang
Wandelpad
Draf / fietsry
Perdry
Wolwe-, Olifante-, Slange-, Apies- & Voël-park
Puzzle park
Tsitsikama, Groot boom & Stormsrivier
Canopy tours, bungee jump, blackwater tubing, segway ens.
St Francis, Jeffreysbaai, Plettengergbaai
Proteas
Otter wandelpad
Hoofslaapkamer
Enkelbedkamer
Berg-kant kamer
Onderste kamer
Die huis is in Julie 2024 oorgedoen binne, en bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed, en die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is twee badkamers: een is en suite met 'n stort en toilet, en die ander het 'n stort, toilet en bad. Daar is ook 'n buite-stort.
Braaiplek op stoep met see-uitsig
Stoof / Oond / Mikrogolf-oond
Potte / Panne & Eetgerei
Beddegoed
Geen DSTV, maar daar is wel ‘n skottel en jy kan jou eie dekodeerder bring
Geen internet, alhoewel daar goeie Vodacom / MTN sein is
Geen formele skoonmaakdiens, alhoewel daar skoonmakers is wat jy kan versoek om in te kom teen ‘n dag tarief
Alkantmooi is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis by die see in Eersterivierstrand. Hierdie dorpie is aan die ruwe kuslyn van die Tsitsikamma versteek en bied 'n privaat en afgeleë ligging vir diegene wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek.
Eersterivier bied wandelroetes, ongelooflike visvang rotse en ‘n swemstrand slegs ‘n paar tree van jou stoep. Minder as 10min weg is die unieke Fynbos gholfbaan. Binne 100km is daar talle ongelooflike avonture soos slang, wolf, olifant en voël-parke. Die stormsrivier brug met sy staproetes, die groot boom, canopy tours, die stormsrivier mond en talle meer.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Dit lei na die oopplan-leefarea wat met 'n see-uitsig spog en 2 etenstafels, 'n sitkamerstel en 'n TV het. Op die groot balkon is daar ingeboude braaigeriewe, 'n sitarea, 2 buite-etenstafels en 'n see-uitsig.
Aangesien Alkantmooi reg teen die see geleë is, kan daar verwag word dat sommige items vinniger verweer en roes as gevolg van die see-omgewing. Ons poog voortdurend om die huis in stand te hou. Hierdie nabyheid aan die see is juis wat hierdie strandoord so uniek maak, slegs ‘n paar trappies vanaf die strand.
Op Eersterivier is die natuur die wagwoord. Ons laat nie musiek en partytjies toe nie. Net mense wat respek het vir pragtige uitsigte en luilekker vakansies saam met familie. Bly asb by die hoeveelheid mense en weet wat jy breek vervang jy.
Slegs 10 mense. Nie alle kamers in die huis is beskikbaar
Geen troeteldiere word toegelaat