Die Skoonmaakprojek se riglyne:

Hierdie skoonmaakprojek word aan jou inisiatief oorgelaat en die projek met die beste resultate en volhoubaarheid sal die kans staan om die prys te wen. Onderstaande riglyne is die minimum vereistes en kan met die nodige kreatiwiteit aangepas word.

1. Gee 'n beskrywing van die area wat gekies is om skoongemaak te word:

· Verskaf 'n beskrywing van die area se geografiese ligging en verskaf 'n liggingspeld (location pin) indien moontlik.

· Fokus op veral afvalplastiek, maar alle afval moet verwyder word.

· Neem 'n foto van die area en voeg 'n datum (dag/maand/jaar) by die foto.

· Gee 'n motivering waarom hierdie betrokke area gekies is.

2. Kry ‘n span om jou te help om die area skoon te maak en skoon te hou.

· Skryf jou span se name neer en kies 'n projeknaam.

· Organiseer die skoonmaakprojek deur middel van 'n plan wat byvoorbeeld 'n weeklikse foto insluit om te wys op die vordering en volhoubaarheid van die skoonmakery. Hierdie foto’s hoef nie ingestuur te word nie, maar kan aangevra word indien julle skoonmaakprojek 'n kans staan om die pryswenner te wees.

· Die verwydering van die afval moet duidelik uiteengesit en met die foto’s geïllustreer word, bv. met handskoene, sakke en finale sortgebied (waarheen en hoe die afval verwyder word).

· Die sortering van die afval en betrokkenheid van vennootskappe met afvalverwyderingsinstansie soos die munisipaliteit en/of private instansies moet ook uiteengesit word.

3. Voltooiing van die projek

· Na ten minste twee maande moet 'n foto van die area geneem word met 'n datum (dag/maand/jaar) daarby. Hierdie foto en die eerste foto moet saam met die storie van die skoonmakery ingestuur word.

· Die storie behels die identifisering van die area, 'n foto en liggingspin wat as bewys kan dien, die span, die projeknaam, enige uitdagings tydens die implementering van die plan en die afsluiting van die projek met 'n foto wat as bewys dien van die sukses.

· Aanbevelings hoe om Suid-Afrika van afvalplastiek te reining is welkom. Die einde van hierdie skoonmaakprojek behoort nie die einde van die skoonmakery te wees nie.

Die Kunswerk uit afvalplastiek se riglyne:

Hierdie kunswerk is jou eie inisiatief en moet aan die onderstaande minimum vereistes voldoen. Die kunswerk wat 'n boodskap van kreatiwiteit uit afvalplastiek die beste uitbeeld, staan 'n goeie kans om die prys te wen.

Gee 'n beskrywing van die afvalplastiek wat jy gebruik om jou kunswerk te maak.

· Neem 'n foto van waar jy in die omgewing hierdie afvalplastiek kry.

· Verwyder alle afval en versamel die afvalplastiek om 'n kunswerk daaruit te maak.

· Verduidelik wat jy maak met die afval wat jy nie gebruik nie.

Beskryf hoe jy die kunswerk maak en wat dit uitbeeld.

· Beskryf hoe jy die afvalplastiek verwerk en/of gebruik om jou kunswerk te maak.

· Noem watter hulpmiddels gebruik word om die kunswerk te maak, bv. gom en skêr.

· Neem 'n foto van jou eindproduk.

Voltooiide kunswerk

· Stuur die foto van die afvalplastiek, wat jy uit die omgewing verwyder, het in.

· Vertel die storie van hoe jy die kunswerk gemaak het en wat dit uitbeeld.

· Stuur 'n foto van die kunswerk in.

· Indien die kunswerk as wenner gekies word, behoort dit besigtig te kan word.

Die Gebruiksartikel uit afvalplastiek se riglyne:

Hierdie gebruiksartikel is jou eie inisiatief en moet aan die onderstaande minimum vereistes voldoen. Die gebruiksartikel uit afvalplastiek wat gebruik en verkoop kan word, staan 'n goeie kans om die prys te wen.

Gee 'n beskrywing van die afvalplastiek wat jy gebruik om jou gebruiksartikel te maak.

· Neem'n foto van waar in die omgewing jy hierdie afvalplastiek kry.

· Verwyder alle afval en versamel die afvalplastiek om die gebruiksartikel te maak.

· Verduidelik wat jy met die afval wat jy nie gebruik nie, gemaak het.

Beskryf hoe jy die gebruiksartikel maak en waarvoor dit gebruik kan word.

· Beskryf hoe jy die afvalplastiek verwerk en/of gebruik om jou gebruiksartikel te maak.

· Noem watter hulpmiddels gebruik word om die gebruiksartikel te maak, bv. gom en skêr.

· Neem 'n foto van jou eindproduk.

· Noem deur wie en waar hierdie gebruiksartikel gebruik kan word.

Voltooiide gebruiksartikel

· Stuur die foto van die afvalplastiek, wat jy uit die omgewing verwyder, het in.

· Vertel die storie van hoe jy die gebruiksartikel gemaak het en waarvoor dit gebruik word.

· Stuur 'n foto van die gebruiksartikel in.

· Indien die gebruiksartikel as wenner gekies word, behoort dit besigtig te kan word.