Kompetisie lnligting

Die Afvalplastiekkompetisie is deel van Wintermark, wat van 23 Junie tot 4 Julie 2020 te

NG Kerk Bellville-Vallei, Postmastraat 61, Oakdale, gehou word.

Die drie pryse wat gewen kan word, is vir die volgende kategoriee:

1. Die Skoonmaakprojek

ldentitiseer 'n area waar veral afvalplastiek rondle. Neem 'n foto en maak 'n plan om dit skoon te maak. Die plan moet die volgende stappe, om in aanmerking vir 'n aansienlike bed rag te kom, insluit:

a) Kry ander mense betrokke by die skoonmaak van die rommelbestrooide area.

b) Die probleemarea behoort daagliks vir ten minste twee maande gemonitor te word. Neem elke week 'n foto van die area.


2. Die Kunswerk uit Afvalplastiek

ldentitiseer 'n area waar baie afvalplastiek rondle. Neem 'n foto van die area en maak 'n plan om die afvalplastiek te versamel vir hergebruik. Die plan moet die volgende stappe, om in aanmerking vir 'n aansienlike bed rag te kom, insluit:

a) Maak 'n kunswerk uit afvalplastiek.

b) Vertel die storie van waar die afvalplastiek opgetel en hoe dit hergebruik is.


3. Die Gebruiksartikel uit Afvalplastiek

ldentifiseer 'n area waar baie afvalplastiek rondle. Neem 'n foto van die area en maak 'n plan om die afvalplastiek te versamel vir hergebruik.

Die plan moet die volgende stappe, om in aanmerking vir 'n aansienlike bed rag te kom, insluit:

a) Maak 'n gebruiksartikel uit afvalplastiek. Hierdie artikel moet by herhaling gemaak en verkoop kan word.

b) Vertel die storie van waar die afvalplastiek opgetel en hoe die gebruikersartikel gemaak is.


Belangrik vir elke kategorie:

Stuur foto's van die probleemarea en die Skoonmaakprojek of Kunswerk of Gebruiksartikel saam met die storie van hoe dit gedoen is aan wintermark@gmail.com voor of op 29 Mei 2020.

Die oorspronklike produk moet gereed wees om besigtig te mag word.


Die pryswenners sal tydens Wintermark op:

Dinsdag 23 Junie 2020 om 18:00 te NG Kerk Bellville-Vallei, Postmastraat 61, Oakdale aangekondig word.