Kom tuis na n kwaliteit leefstyl vir ouer persone.
Van Niekerk-Benadehof bestaan uit twee woonstelgeboue en een huis. Huis van Niekerk is gestig in 1980 met die hulp van mev. Van Niekerk. Benadehof is tien jaar later opgerig met `n ruim skenking deur die Benade-familie en fondse van die eerste inwoners. Die tehuis is geaffilieer by die ACVV. Dit bied `n tuiste vir 140 inwoners. Die meeste inwoners woon in onafhanklike wooneenhede. Hier is ook `n bystand afdeling en `n versorgingsafdeling vir meer verswakte inwoners. Hierdie inwoenrs ontvang volle versorging in al die fasette. Ses en dertig personeellede versorg 50 inwoners in die onderskeie sorgafdelings.
Die Bestuursraad van die fasiliteit bestaan uit kundige vrywilligers wat hul tyd en kundigheid beskikbaar stel ten bate van die inwoners. Die Raad waak oor die inwoners se belange.
Die klem by hierdie fasiliteit val op aktiewe veroudering. Elke dag van die week is daar `n aktiwiteit waaraan inwoners kan deelneem. Die inwoners organiseer ook baie van die aktiwiteite self. Die fasiliteit het `n vervoerdiens na en van die dorp vir inwoners wat nie oor eie vervoer beskik nie.
Een ete per dag word bedien in die eetsaal aan selfversorgende inwoners. Die spyskaart is `n keuse spyskaart. Daar is ook `n restaurantjie waar addisionele etes gekoop kan word teen `n geringe bedrag.
Persone wat nog nie inwonend is nie, kan ook inskakel by ons Dienssentrum. Hier kan hul daagliks etes koop en deelneem aan die dienste, bv haarsalon en wassery. bied etes
Alida