Geagte voornemende leerder en ouer(-s)

U word hiermee vriendelik uitgenooi na Die Brandwag Hoërskool se unieke opeaand wat op 18 en 19 Augustus 2021 sal plaasvind.

Weens Covid 19 is daar ongelukkig beperkte spasie beskikbaar en dus versoek ons dat u via die vorm hieronder u plek sal bespreek. Slegs TWEE volwasse persone sal saam met elke bevestigde leerder toegelaat word.

Die deure maak om 18:00 oop en die aanbieding begin stiptelik om 18:30. Verversings sal gedurende die aand voorsien word.

Ons versoek dat u gedurende die aand te alle tye aan al die Covid 19-regulasies sal voldoen.

Sien julle by die opeaand!