Venter plekke

Die Venters het al baie diep spore in Suid-Afrika getrap en op baie plekke kan mens die invloed duidelik bespeur.

Venterstad

Venterstad is gestig op 'n plaas wat behoort het aan JJT Venter en het finale munisipale beheer verkry in 1930.
 

Ventersdorp

Ventersdorp het begin in 1866 as 'n NG Kerk gemeente op die plaas Roodepoort. Die dorp is vernoem na die eienaar van die plaas, Johannes Venter.
 

Ventersburg

Ventersburg is in 1871 gestig op die plaas Kromfontein en vernoem na die eienaar, Pieter Albertus Venter(v3D5). 
 

Ventershoop

Hierdie is 'n baie klein plekkie en dit blyk of daar nie enigheid is oor die naam van die dorpie nie. Op sekere kaarte word dit aangedui as Vorstershoop en dan op ander weer Ventershoop.
 

Venterskroon

Venterskroon is ook 'n vreeslike klein plekkie, maar as 'n dorpie feitlik op die Vredefort koepel, kry hy darem so dan en wan 'n toeris of twee.
 

Venterspos

Venterspos is 'n nedersetting in Gauteng. Die dorpie het in 1937 onstaan saam met onder andere die Venterspost goudmyn wat hier begin is.
 

Venter se koppie




Venter se berg

Venter se berg naby Fouriesberg




Hierdie koppie is gelee op die plaas Varschkuil net Suid-Oos van Prieska in die Noord-Kaap. Hierdie plaas Varschkuil was die familieplaas van Gerrit Venter(sien artikel op stamboom-bladsy) se Grootjie Willem Venter (1833-1892) en sy vrou Susanna Magdalena Rossouw.



















Jaco Venter van Fouriesburg het hierdie foto ingestuur wat Venter se berg en Venterstraat in Fouriesburg in die Oos-Vrystaat aandui.

 

Nog plekke

Jan L Venter het die volgende foto ingestuur van 'n pad-predikant iewers tussen Warden-Vrede en Verkykerskop. As iemand meer weet oor Venterspad of enige van die Venter-plekke, laat weet asseblief. Oulike foto's is ook welkom.
Venterspad naambord


Op kaarte kan mens ook nog kry vir Ventersrus, Ventersrust, Ventersdam en Ventersfontein - al vier in die Oos-Kaap. Ek is nie seker watter van hierdie is nedersettings en watter is dalk plaasname nie. Daar moet seker in elk geval 'n groot aantal plaasname in die land wees wat iets van Venter bevat. Ek raai sommer name soos: Venterslaagte, Ventershoogte, Ventersvlei, Venterspan, Ventersdraai, Ventershoek, Ventersvlakte en iewers dalk 'n Ventersgat?
 
Venterspruit

Die Venterspruit begin in die omgewing van Vrede in die Vrystaat en vloei uiteindelik in die Vaalrivier.
Bruggie oor Venterspruit
Hierdie foto wys waar die N1 net 'n end noord van Winburg oor die ('n ?) Venterspruit gaan met die Jakkalsdraf padstal in die agtergrond. (Terloops, hulle burgers is die moeite werd om voor te stop.) Wie die Venter was wie vernoem is, is onbekend.

Venter strate

Die volgende dorpe/stede het elk ten minste een Venterstraat, laan of pad.

  • Alberton
  • Bloemfontein(2)
  • Boksburg
  • Brakpan
  • Burgersville
  • De Aar
  • Dordrecht
  • Edenvale
  • Elliot
  • Fouriesburg
  • Henneman
  • Kaapstad(3)
  • Kemptonpark
  • Kroonstad
  • Krugersdorp
  • Kuruman
  • Modimolle(die nuwe Nylstroom)
  • Makhado
  • Manyatseng(by Ladybrand)






  • Middelburg(Oos-Kaap)
  • Nelspruit
  • Northam
  • Petrusburg
  • Philipstown
  • Port Elizabeth(2)
  • Postmasburg
  • Potchefstroom
  • Pretoria(2)
  • Prieska
  • Reddersburg
  • Springs
  • Sterkstroom
  • Steynsburg
  • Vanwyksvlei
  • Ventersdorp
  • Venterstad
  • Vredefort
  • Witbank