14/04/2019 - 20/04/2019

posted Apr 14, 2019, 8:55 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Apr 14, 2019, 8:56 AM ]
  1. Die Verkiesingstryd. Dat dit nie geweldadig sal raak nie. Ons bid vir verdraagsaamheid en 'n vreedsame aanloop tot die verkiesing in Mei. GOD IS IN BEHEER!
  2. Die ernstige droogte wat nog in sekere gebiede van ons land heers. Ons bid dat God in Sy Almag uitkoms sal gee aan mens en dier.
  3. Veiligheid op ons land se paaie gedurende Paasnaweek. Ons bid vir gehoorsaamheid aan die padreëls en verantwoordelike bestuur.
  4. Feba Radio: Hulle saai die Evangelie tans uit na geïsoleerde gemeenskappe in 50 lande en 130 tale. Ons bid dat die besondere diens mense na Jesus sal lei en dat die organiseerders finansiële ondersteuning van gelowiges sal ontvang.

DANKIE HERE...

Die gebruik van die Sakramente van die Nagmaal op Vrydag 19 April, waar ons hoop en geloof in Christus weer versterk kan word!
Comments