Gebeure

Winterbasaar - 1 Julie 2017

posted Aug 18, 2017, 11:43 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Baie dankie aan almal wat so hard saamgewerk het, voor die tyd of die op dag van die basaar.
Dit word opreg waardeer!
Baie dankie aan ons Vader dat Hy saam met ons was.

BAIE DANKIE AAN DIE VLEISWERKERS
Baie dankie aan almal wat gehelp het met die vleiswerkery.
Ook 'n GROOT DANKIE aan die dames wat gesorg het vir die verversings met die vleiswerkery.
- Stoffel en Serah

Paasangdiens - 26 Maart 2017

posted Apr 2, 2017, 10:41 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Baie dankie vir elke gemeentelid se bydrae, teenwoordigheid en deelname aan ons Paassangdiens saam met die George Mannekoor o.l.v. Michael van der Walt en ons eie kerkkoor op 26 Maart 2017.
Oorvloedige getuienis is ontvang dat baie harte aangeraak is.




U is baie welkom om vir Tinus Badenhorst te kontak indien u by die Outeniqualandse Kerkkoor of die George Mannekoor wil aansluit.

Skenk vrede en rus hierdie Kersfees

posted Dec 25, 2016, 4:51 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand


Somerbasaar - 21 Desember 2016

posted Dec 25, 2016, 4:43 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Teen hierdie tyd is ons Somerbasaar 'n baie bekende geleentheid waarna vakansiegangers en besoekers uitsien.

Baie dankie vir elkeen se bydrae!
Volgende jaar maak ons DV weer so!

Meer foto's op Facebook.


Kerssangdiens - 27 November 2016

posted Dec 25, 2016, 4:34 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Die tema van hierdie jaar se Kerssangdiens, was die missie van ons gemeente:

LIEFDE EN DIENSBAARHEID DEUR WOORD EN DAAD



Behalwe vir ons eie kerkkoor, het ons ook hierdie jaar die voorreg gehad dat die koor van VGK Friemersheim by ons opgetree het.

Largo

posted Oct 16, 2016, 3:17 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Oct 16, 2016, 3:24 PM ]


Opgedra aan die inwoners en personeel van Huis JJ Watson, George.
Verfilm in die NG Kerk Outeniqualand deur Riaan Badenhorst.
Orrelis: Tinus Badenhorst.

Winterbasaar - 2 Julie 2016

posted Oct 16, 2016, 3:10 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand


Ons is so dankbaar dat dit toe juis op die dag van die basaar sulke mooi weer was.

Gaan kyk op ons facebook-blad vir meer foto's!

Die Christusgebeure - 15 Mei 2016

posted Oct 16, 2016, 1:43 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Die Christusgebeure is 'n toneelstuk met sang, geskryf deur dr. Kobus Hattingh met musiek uit die Liedboek en deur Tinus Badenhorst.
Ons was bevoorreg om twee opvoerings (09:30 - NG Kerk Outeniqualand en 19:00 - NG Moederkerk, George) te kon meemaak tydens 'n propvol naweek.

Charles Robertson en Hillet Myburgh as Josef en Maria by die Kindjie in die krip en met die engele in die agtergrond.


3 Herders (Francois Vosloo, Wilmer Muller en Bertie Truter), Maria Magdalena (Drieka van Huyssteen), Maria (Hillet Myburgh) en Salome (Theresa Klinck).

Paassangdiens - 20 Maart 2016

posted Mar 20, 2016, 3:00 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Oct 20, 2016, 6:41 PM ]


Ons het vandag die voorreg gehad om die violis Arno van Dyk by ons Paassangdiens te kon hê.

Onthou dat u die program kan aflaai in ons Preke-afdeling.

Somerbasaar 2015

posted Mar 20, 2016, 2:50 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Oct 23, 2016, 11:57 AM ]

Heerlike somerweer.
Vrolike musiek.
Volgepakte tafels.
Die Stranddiensspan.
Mense van heinde en verre.
DIE HERE SE GENADE.


Dit alles het die dag gemaak wat dit was.
(Meer foto's op Facebook!)


BAIE DANKIE!

1-10 of 23