Advertensies

Vakature: Voltydse leraar

posted Jun 23, 2018, 11:23 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated Jun 26, 2018, 6:48 AM ]

NG GEMEENTE OUTENIQUALAND
(SUID-KAAP)
Vakature: Voltydse leraar

As 'n gemeente wat daartoe verbind is om as gestuurdes van Jesus Christus hier op aarde op te tree en 'n verskil te maak, wil ons graag die dienste bekom van 'n daartoe geroepe, dinamiese en toegewyde leraar wat die wese van 'n plattelandse gemeente ('n mengsel van afgetredenes en landbouers) verstaan en sal omhels.

Gemeenteprofiel:
Outeniqualand is 'n landelike gemeente met tans 402 lidmate en 52 dooplidmate. Dit is geleë tussen die Outeniquaberge en die see; wes van George lughawe en oos van Groot Brakrivier. Die kerk, pastorie en kerksaal is geografies min of meer sentraal binne die gemeentegrense; ongeveer 20km van George en 12 km van Groot Brakrivier. Daarbenewens beskik die gemeente ook oor 'n  veeldoelige "kerksaal" in Glentana. Die gemeente is verdeel in vier plaaswyke, sestien strandwyke en twee buitewyke (buite ons gemeentegrense).
Pligte: Soos omskryf in Kerkorde Artikel 9.

Vergoeding en voordele:
Onderhandelbaar met inagneming van Sinodale riglyne.

Bedieningsmodel:

Hier beskikbaar.

Aansoekprosedure:

Voltooi die aansoekvorm wat hier beskikbaar is. (klik op die "hier", laai die dokument af, stoor die dokument op u rekenaar, maak dit oop vanaf die hardeskyf, vul die dokument in, stoor die dokument en stuur dan die dokument met e-pos). 'n Beknopte CV met kontakbesonderhede word ook benodig, en stuur beide dokumente ELEKTRONIES aan ngouteniqua@mweb.co.za

Kandidate wat die kortlys haal, moet saam  met hulle gades vir onderhoude en preekbeurte beskikbaar wees.

Kandidate moet op versoek, indien nodig, 'n digitale kopie van 'n preek wat tydens 'n erediens opgeneem is, kan aanstuur.

Sluitingsdatum:
31 Augustus 2018

Diensaanvaarding:
Onderhandelbaar by aanstelling.

Navrae:
Voorsitter - Pre-Advies: Henk Vosloo 044 879 1876 (henkvosloo@telkomsa.net) of ds Japie Beyers 044 876 0100
Die kerkraad behou die reg voor om nie 'n aanstelling uit die lys van aansoekers te maak nie.

Indien aansoekers nie binne 10 dae na afsending van hul aansoeke, erkenning van ontvangs deur Outeniqualand Gemeente ontvang nie, word versoek dat die kerkkantoor gekontak word by 044 876 0158.


Indien u klik op die dokument direk hieronder, gaan dit moontlik net op u websnuffelaar oopgemaak word en nie ingevul kan word nie. Maak seker u klik hier of op die pyltjie heel regs wat af wys.

VISGRAAT RESTAURANT

posted May 20, 2018, 11:43 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

HIERDIE RUIMTE WORD TOEGESTAAN AAN JOHAN EN RIËTTE VAN DER VYVER, EIENAARS VAN DIE VISGRAAT RESTAURANT TE GLENTANA, VIR DIE GROOT WIT TENT WAT HULLE RUIMHARTIG AAN DIE GEMEENTE GESKENK HET

'n Familie kuierplek met klimpale vir die kleinspan –
Verskeie smaaklike disse –
Snoepwinkel met heerlike draairoomyse oor naweke –
Bedags oop vanaf 12:00 –
Maandae gesluit
Besprekings (044) 879 0107

GESLUIT TUSSEN 04 EN 26 JUNIE VIR JAARLIKSE PERSONEEL VERLOF

Groete
Johan en Riëtte

KOBUS HATTINGHSAAL IN GLENTANA TE HUUR

posted May 16, 2015, 9:38 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand   [ updated May 23, 2018, 11:46 AM ]


NG Kerk Outeniqualand se Kerksaal in Glentana (Kobus Hattinghsaal) is ideaal vir die hou van huweliksonthale, konferensies, verjaarsdag- en ander partytjies, vergaderings, optredes van kustenaars en gassprekers, opleidings- en ander werksessies of enige ander onthale en fuksies.

Die terrein is 'n maklike loopafstand (ongeveer 150 meter) geleë van Outeniquastrand. 'n Kort maar baie mooi voetpaadjie van ongeveer 50 meter neem 'n mens na die parkeerterrein by die strand. 'n Gelinsensieërde restaurant wat uitstekend bestuur word is tydens die somerseisoen (einde November tot einde April) is op die standparkeerterrein in bedryf.


Die volgende fasiliteite is by die saal beskikbaar:
  • Ten volle toegeruste kombuis
  • Tafels en stoele vir ongeveer 120 gaste
  • Skoon en goed versorgde toiletgeriewe
  • Ruim en veilige parkeerarea
  • Pragtige terrein met baie bome

Daar is ook breekware te huur teen addisionele kostes.

Vir enige navrae of besprekings skakel asseblief vir Merinda Duvenhage by NG Kerk Outeniqualand se kerkkantoor tydens kantoorure.

Tel/Faks: 044 876 0158 | E-pos: ngouteniqua@mweb.co.za

1-3 of 3