Afkondigings‎ > ‎

Wit olifante!

posted Nov 4, 2018, 11:33 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Dis weer sulke tyd en Ouniqua loop weer.
Die manne by die Wit olifanttafel is reg vir aksie. Hulle vra dat julle aan die wit olifanttafel sal dink as julle begin skoonmaak en regmaak vir al die kinders en familie wat Desember kom kuier.  En dat julle al die wit olifantjies wat so stof vergaar, wat so-goed-soos-nuut en in werkende toestand is, sal uitsnuffel en aanstuur, sodat hulle 'n nuwe, liefdevolle tuiste kan kry.

Johann sê die sleepwaentjie se wiele is ge-olie. Julle kan hom bel en hy sal die olifante kom haal of julle kan hulle by die kerkkantoor kom afgee.
Comments