Afkondigings‎ > ‎

WINTERBASAAR - 29 JUNIE 2019

posted Jun 23, 2019, 12:50 PM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand

Die Ontbyt...
beloof om watertandlekker te wees en word bedien vanaf 8:30 tot 11:00.

Bestellings kan vooraf by Janita geplaas word.

Daar is 3 opsies:

  1. Vrystaatse krummelpap met gebraaide basaar wors en tamaiesmoor. R40 (en R5 ekstra vir kaiings of 'n eier)
  2. Plaatkoekies met vars bessies of meelsak gestoofde droëvrugte en maaskaas. R30
  3. Teriyaki steak, aartappel stokkies met Parmasaan kaas, truffel olie en 'n gebakte eier. R50

Vanaf 11:00 is dit geroomde hoendersop of murgbeensop met boerebrood en uitgebraaide skaapvet vir R15.


OUTENIQUALAND SE WINTERBASAAR

WIT OLIFANTE – VEILINGS

09:00


In 2019 begin Outeniqualand met ons Witolifant-veilings met die hulp van Org Visser van OHP afslaers.

As jy ‘n wit olifant in jou huis het wat reg is vir ‘n nuwe tuiste, maar dit is te waardevol om te skenk, kan jy dit op die veiling verkoop. Jy kan ‘n reserwe prys vasstel op die item en die kerk sal kommissie op die verkope kry.

Kontak Org Visser by 082 944 0697.

Jy moet registreer om te bie. Registrasie is gratis.

Sodra jy geregistreer het, kry jy jou veilingnommer.

(by Org of by die kerkkantoor)

Items wat beskikbaar sal wees by die veiling:

- Wit Mercedes Benz C220

- Corsa Bakkie (2007) 1.4 petrol

- Imbuia skikbord

- Verskeie skilderye

- Koffietafel

- Stainless steel braaier

- Halwe skaap

- Hekmotor

- 3 fietse

- 60 lt. Kamp yskas (12v)

- Sleepwa

- AMC Classic kastrol

- Argilla potte

- WOK, wafelpan, hout skinkbord, versapper, Frutula smoothie masjien, 2 staan lampe, stainless steel deegpan, Franse Lê Cruess set, vibrasie kussings, tekenbord, bloubul, tappeserie en vele meer.

Comments