Afkondigings‎ > ‎

Outeniqualand se Winterbasaar - 30 Junie 2018

posted Jun 3, 2018, 11:16 AM by Nederduitse Gereformeerde Kerk Outeniqualand
Outeniqualand Kerkterrein - Sinksabrug



Ons verkoop volop bekostigbare, gehalte vleis in die kerksaal.
Vleiswerkery begin op Maandag 25 Junie 2018 in die kerksaal. Kom kuier sommer lekker saam en leer nuwe mense ken. Geen ondervinding nodig. Bring net jou skerp mes en snybord saam.



"Golf chip" kaartjies is @ R10 per kaartjie te koop by Bertie en Wilna Truter.
Goeie pryse!
Jy moet net raai waar die balletjie gaan val.


Ander lekkernye:
Sosaties | Koffie/Tee stalletjie | Roosterkoeke | Vetkoeke | Kerrie-en-rys | Poedings | Worsbroodjies | Koeldrank en water | Pannekoek



Vir die snuffelaars is daar baie interessante Wit Olifante.

Skakel gerus vir Frik Potgieter by 082 776 1992 of 044 879 2155 vir enige navrae.
Comments